Tygerberg dokters vol lof vir ons kliniek

Tygerberg dokters vol lof vir ons kliniek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verskeie dokters in Tygerberg Hospitaal was vol lof vir personeellede van die Gansbaai Kliniek vir die  behandeling wat ‘n Gansbaaier kort na ‘n hartaanval ontvang het. Lucas Geldenhuys van Fountainhill, het Dondag-oggend, 29 Junie ‘n ernstige hartaanval gehad. Die korrekte en blitsige behandeling wat hy van die kliniek-personeel ontvang het, het waarskynlik sy lewe gered.

“Elke dokter wat met my kom praat het, het gevra waar was ek voordat die ambulans my na hulle gebring het,” vertel Lucas. “En elkeen van hulle het na die puik vooraf behandeling verwys.”

Lucas het die dag vantevore hard gewerk in die tuin. Die volgende oggend het hy gevoel “iets is nie lekker nie”, maar dit aan die tuinwerk toegeskryf.

“Ek en my vrou, Stienie, het nog vroegoggend dorp toe gestap, maar ek het gevoel my arms is baie lam en het erge pyn in my bors begin ervaar,” vertel Lucas.

Terug by die huis het Stienie baie bekommerd geraak en wou hom na die apteeksuster neem, maar diè was reeds van diens af.

“Ek glo die Here het my na Gansbaai Kliniek laat ry, al het ek nie baie moed gehad daarvoor nie,” het Stienie gesê.

“Ek weet hoe lank die rye normaalweg is waar ‘n mens moet gaan sit en wag, maar ek het ook geweet as ek langer talm gaan ek my man verloor.”

By die kliniek het sy Lucas in die motor agtergelaat, ingestap en baie benoud gesê haar man het erge borspyn.

Volgens die egpaar het dinge baie vinnig gebeur. Daar was ook ‘n dokter aan diens en Lucas is ingebring, op ‘n bed neergelê waar daar op professionele wyse ondersoeke gedoen is en behandeling toegepas is.

Hy is gestabiliseer, maar meegedeel dat dit ‘n ernstige hartaanval is.

Die ambulans is ontbied en Lucas is na Hermanus Provinsiale Hospitaal geneem vanwaar hy dadelik per ambulans na Tygerberg Hospitaal in die Kaap geneem is.

Daar aangekom, is die nodige aandag aan hom gegee en ondersoeke is gedoen.

Vrydag, 30 Junie is die eerste stent ingeplant en Maandag, 3 Julie die tweede stent.

Lucas sterk tans tuis aan en dit gaan baie goed met hom.

Hy het die volgende gesê: “Behalwe vir die positiewe kommentaar oor Gansbaai Kliniek wat deur Tygerberg se dokters geopper is, is ek in my hart daarvan oortuig dat my lewe deur Gansbaai Kliniek se vinnige en doeltreffende optrede gered is, waarvoor ek hulle altyd innig dankbaar sal bly.”

Tygerberg dokters vol lof vir ons kliniek

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles