Wynproe sluit met vonkelwyn

Wynproe sluit met vonkelwyn

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se jaarafsluiting aan huis van die voorsitter, Helmie de Vries en sy eggenote, Amanda was 'n gesellige treffer. Vir die proe-geleentheid is daar is op vonkelwyne (sjampanje) gefokus. "Die doel daarmee was om almal weer bietjie blootstelling aan verskillende vonkelwyne te gee met die naderende feesseisoen.

Die groep vrolike (en singende!) wynproeërs tydens Gansbaai Wynproegilde se Jaareindfunksie

Vonkelwyne het geweldige veld gewen en die vervaardiging daarvan, ook in Suid-Afrika, het dit baie gewild begin raak," vertel Helmie. Die groot groep gesellige wynproeërs het 8 verskillende vonkelwyne geproe en beoordeel. Helmie het die lede en gaste iets van die Franse wynkultuur laat ervaar met die sogenaamde bottelgegiste styl. Dit is nou waar die wyn gebottel word, suiker en gis bygevoeg word en met ‘n kroonsluiting geseël word. Helmie het verduidelik dat ‘n sekondêre gisting in die bottel plaasvind, met die vorming van natuurlike koolsuurgas. Die bottels word tydens gisting onderstebo geplaas en van dag tot dag gedraai. Die “moer” (‘n afsaksel) vorm dan op die kroonsluiting. Teen die einde van die gisting word die nek van die bottel gevries, die kroonsluiting word verwyder en die bottels word opgetop en dan met ‘n vonkelwynkurk gesluit. Die natuurlike koolsuurgas is dan in die wyn "vasgevang". "Omdat ons dit nie meer 'sjampanje' mag noem nie, staan dit by ons as Methode Cap Classique bekend," het Helmie verduidelik
Hy sê die verskil tussen hierdie vonkel en diè waar koolsuurgas kommersieel by die wyn gevoeg word, is dat die vonkel by Cap Classique groter word soos dit uit die glas ontsnap, teenoor die kommersiële vonkelwyn waarvan die vonkel dieselfde grootte bly soos wat dit ontsnap.
Maar wynproe, veral dan vonkelwyn so op sy eie, is nie 'n gesonde affêre op 'n leë maag nie.

Regs oorhandig Petro Oosthuizen 'n blyk van waardering aan die spyseniers van die aand, Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Catering

Vir hierdie "probleem" het Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Catering gesorg dat die vonkelwyne nie met die leë mae lol nie. 'n Keurige broodtafel was eerstens beskikbaar. Die ete wat hulle aangebied het was vanuit die boonste rakke: Gebraaide hoender en wors, met slaaie en ook 'n spinasie-pastaslaai, saam met vrugteslaai en roomys waarmee afgesluit is. Dit het die bedrywige vonkelwyngedeeltes in die liggaam behoorlik opgevul. Die vonkelwyn moes heelparty van die gaste na hulle studentejare laat terugverlang het, aangesien daar later die aand lustig saamgesing is aan oud-studente liedere, veral ook met 'n paar NGK Koorlede binne hulle geledere. Almal was dit eens dat dit 'n besonderse jaarafsluiting was en Helmie het die lede bedank vir 'n jaar van heerlike samewerking met vele gesellige, maar ook leersame wynproe-aande. 'n Blyk van waardering is deur Petro Oosthuizen namens Gansbaai Wynproegilde aan Mornay en Charmaine oorhandig. Enige navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan aan Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za. 
Hardus Botha

Wynproe sluit met vonkelwyn

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Equipment Hire and Safety Gear

Equipment Hire and Safety Gear

At Coastal Hire Gansbaai, your safety matters. 

Coastal Hire Gansbaai
Healing After Narcissistic Abuse

Healing After Narcissistic Abuse

“Living well is the best revenge.” - George Herbert

Back on the Field!

Back on the Field!

Our U16 and U18 girls’ rugby teams played their first match after the school holidays against Groenberg Secondary.

Grootbos Foundation
HOME AFFAIRS DATES FOR AUGUST 2025

HOME AFFAIRS DATES FOR AUGUST 2025

Home Affairs Mobile will be in the Overstrand on the following dates.

A Real Look at Hospitality

A Real Look at Hospitality

Last week, the Tourism Class from Gansbaai Academia High School got a first-hand look at what it takes to run a top lodge.

Grootbos Foundation
Roof Drainage: One Downpipe Enough?

Roof Drainage: One Downpipe Enough?

Do I need more than one downpipe?

Gutters on Site
See All Articles