Blog

Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

Great White House

Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

n Heerlike aand van musiek, liriek, wyn en Canapese saam met die Afrikaanse musiek legende Jannie du Toit en sy orkes.

  • Datum: 15 Desember 2019, Sondag
  • Tyd: 18:30 vir 19:00
  • Kaartjies: R200 per persoon
  • Vir Besprekings kontak Great White House: gwhaccounts@marinedynamicstravel.com

Jannie het die afgelope paar jaar hoofsaaklik musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree gesing, maar hy wou weer op sy eerste liefde en passie fokus - om sy eie Afrikaanse liedjies te skryf. Die resultaat hiervan is OESJAAR 2018 - al die liedjies uit sy pen en ook ’n “konsert” met dieselfde titel. Jannie sing oor sy musiekloopbaan: die wingerd wat hy persent gekry het, die musieklegende Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ’n kunstenaar dryf om te skep en te sing. Ons soek ’n tata is opgedra aan een van sy grootste helde, Madiba en liedjies soos Skilder van die wolke en Lig en donker is egte credo’s waarin hy sy siel ontbloot. Jannie het ook ’n liefdeslied geskryf vir sy vrou Therina, met wie hy in 2018 getroud is: “Jy kyk sag”

OESJAAR 2018: 'n Nuwe album en verhoogproduksie deur Jannie du Toit

Met musiekstyle en-tendense wat konstant verander, neem dit ’n merkwaardige musikant om vir byna vyf dekades relevant te bly. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan. 

Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus - naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR 2018 - al die liedjies uit Jannie se pen en saam daarmee ’n verhoogproduksie met dieselfde titel. 

Die liedjies op die nuwe album bevat wyd uiteenlopende temas: Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede musieklegende Christa Steyn met wie Jannie vir 25 jaar saamgewerk het. Hy sing verder oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ‘n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie.  Die lied ‘Ons soek ’n tata’ is opgedra aan Madiba en in die titelsnit ‘Oesjaar’ gebruik hy ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan. Jannie het ook ’n liefdeslied vir die album geskryf, opgedra aan sy vrou Therina met wie hy in Junie 2018 getroud is.  Hierdie snit is ook reeds middel Oktober as enkelsnit uitgereik.

Een van die bonussnitte op die album is Jannie se immergroen treffer ’n LIEDJIE VIR JOU – wat hy presies 40 jaar gelede geskryf het – waarvoor Karen Zoid ’n rock-baadjie aangetrek het. Sy het dit saam met hom opgeneem op haar program Republiek van Zoid Afrika.

Die verhoogproduksie bevat al die liedjies op die album. Die verwerkings is gedoen deur Clinton Zerf.

KUNSTENAARS

  • Jannie du Toit - stem en kitaar
  • Susan Mouton - tjello 
  • Chanie Jonker - klavier en akkordeon
Jannie du Toit | Oesjaar in Gansbaai

Great White House Restaurant

The Great White House in Kleinbaai is a five-minute drive from Gansbaai, featuring a popular restaurant, comfortable accommodation, and a well-stocked curio shop. The restaurant serves breakfast, lunch, and dinner, specialising in fresh seafood, steakhouse favourites and South African cuisine. Dine ...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles