Blog

Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Gansbaai Pharmacy

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Chromosome is klein “pakkies” gene in die liggaam. Hulle bepaal hoe ’n baba se liggaam tydens swangerskap vorm en hoe die baba se liggaam funksioneer wanneer dit in die baarmoeder en ná geboorte groei. ’n Baba word tipies met 46 chromosome gebore.

Babas met Downsindroom het ’n ekstra stel van een van hierdie chromosome, naamlik chromosoom 21. Hierdie ekstra stel verander hoe die baba se liggaam en brein ontwikkel, wat verstandelike en fisiese uitdagings vir die baba kan inhou.

Alhoewel mense met Downsindroom dalk dieselfde kan lyk of optree, het elke persoon ander vermoëns. Mense met Downsindroom het gewoonlik ’n effens laer tot matige lae IK (maatstaf vir intelligensie) en neem langer as ander kinders om te leer praat.

 
Algemene fisiese kenmerke van Downsindroom sluit in:

• ’n plat gesig, veral die brug van die neus;

• amandelvormige oë wat skuins na bo strek;

• ’n kort nek;

• klein ore;

• ’n tong wat geneig is om by die mond uit te steek;

• klein hande en voete;

• swak spiertonus of slap gewrigte, en hulle is korter as ander kinders en volwassenes.

Downsindroom is ’n lewenslange toestand. Hulpdienste vroeg in die lewe sal dikwels bydra om babas en kinders met Downsindroom se fisiese en intellektuele vermoëns te verbeter. Die meeste van hierdie hulpdienste fokus daarop om kinders met Downsindroom te help om hulle volle potensiaal te bereik. Hierdie hulpdienste sluit spraak-, arbeids-en fisioterapie in en word tipies deur vroeë tussenkomsprogramme regoor die land aangebied. Kinders met Downsindroom kan ook ekstra hulp of aandag in die skool nodig hê, alhoewel baie kinders in gewone klasse is.

Wat is Downsindroom?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles