100ste Bestaansjaar van B’bos Kerkgebou

100ste Bestaansjaar van B’bos Kerkgebou

Gans-Berg Nuus / News

Image

100ste Bestaansjaar van B’bos Kerkgebou

-Eeufees en Basaar-

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG-gemeente Gansbaai, betree vanjaar haar honderdste bestaansjaar. Ter viering hiervan, met groot dankbaarheid vir 100 jaar van Genade, bied die Baardskeerdersbos Streek ‘n Feesnaweek op 28 en 29 Mei 2022 aan.

Die bestuur van die B’bos Plaasmark het ingestem dat die Feesvieringe van Saterdag, 28 Mei 2022, deel kan vorm van die bestaande Plaasmark-aanbieding. Voortspruitend hieruit herleef die immergewilde B’bos Basaar - maar hierdie jaar met baie meer om die lyf! Die basaar open amptelik om 09:00. Daar wag ‘n verskeidenheid van tradisionele basaar-items en eetgoed op die besoekers. Die bykans eindelose lys van items en produkte sluit in: Afval, ‘Springrolls’, Kerrie & Rys, Beesvleis-snitte, Heuning, Blomme, Sagte Speelgoed, Hout-speelgoed, Skilderye, Boeke, Klere, Groente, Roomys, Groot verskeidenheid varsgebak, Pannekoek, Verwerkte Perlemoenprodukte, Plante, Naaldwerk, Potjiekos, Boerewors, Sosaties, Oliebolle, Basaarpoeding, Skaapkoppe en ‘n hele paar ander verrassings! 

Navrae oor kaartjies vir skaapkoppe kan by die Kerkkantoor, Protea Flora, Ou Skool Restaurant (078 595 7609) en Aletta Groenewald (082 499 0230) gerig word. Die koppe sal om 12:00 op Saterdag, 28 Mei op die Feesterrein beskikbaar wees. Sosaties, met ‘n keuse tussen Hoender-, Spek- asook Vark- en Beessosaties, kan ook vooraf by die Kerkkantoor bestel word.

Die bekende ‘Rummi-Cup’ Orkes, asook Eddie Barnard se ‘One Man Band’ gaan die musiek-atmosfeer behoorlik opkikker en die voete op die grasperk laat jeuk! Dan is daar ook wyne vanuit ons plaaslike kelders, bier van Whale Coast Brewery Co, ‘n geskiedkundige uitstalling, begeleide toere, ‘n veiling en baie meer.

Sondag, 29 Mei 2022 begin ook om 09:00 by die begraafplaas met kransleggings, kooroptredes, samesang en nog meer. Daarna sal ‘n Feesdiens deur ons gewilde en geliefde emeritusleraar en voormalige Gansbaai-predikant, dr Bobo van Zyl, aangebied word.

Navrae rakende die Feesnaweek kan aan Aletta Groenewald by 082 499 0230 gerig word. 

 
Hardus Botha
100ste Bestaansjaar van B’bos Kerkgebou

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles