Lang Arm van die Gereg

Lang Arm van die Gereg

Gans-Berg Nuus / News

Lang Arm van die Gereg

-Michael Vlok na 4 jaar eers gevonnis-
image left

Michael Vlok, wat in 2006 skuldig bevind is aan die moord op Louis Swart, is in 2018 weer in hegtenis geneem. Vlok was uit op parool, maar is ná ‘n skietvoorval in Gansbaai SAPD se aanklagkantoor, weer in hegtenis geneem. Eers na 4 jaar het daardie saak op 19 Mei 2022 in die Bredasdorp Streekshof voorgekom, waar hy gevonnis is - hy is 25 jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan 11 jaar effektiewe gevangenisstraf is.

Vlok is gedurende 2017 op parool vrygelaat nadat hy slegs elf van sy 18 strafjare uitgedien het. Hy het egter nie sy paroolvoorwaardes nagekom nie en is op 14 Desember 2018 weer in hegtenis geneem nadat hy onder andere ‘n vuurwapen gesteel het. Terwyl hy in Gansbaai SAPD se aanklagkantoor vir ondervraging was, het hy onverwags Adj.Off. Vermeulen omgestamp en sy dienspistool gegryp en op hom geskiet, maar hom rakelings gemis. Vlok het losgeruk en weggehardloop. Direk na die voorval was hy weer by ‘n huisbraak betrokke, waar nog ‘n skoot afgevuur is. Hy is weer in hegtenis geneem - op die volgende klagtes: diefstal van ‘n vuurwapen; huisroof waarby geweld betrokke was; in besit van ‘n vuurwapen waarvoor hy nie ‘n lisensie gehad het nie; die nie-nakoming van paroolvoorwaardes; die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied; verset teen arrestasie; ontsnap uit aanhouding; poging tot moord. Parool is geopponeer.

Tydens die vonnisoplegging in Bredasdorp is hy op 4 aanklagte skuldig bevind en in totaal 25 jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan hy 11 jaar effektief moet uitdien. Die vonnis lui voorts dat die tronkstraf eers in werking tree nadat hy sy parooltydperk uitgedien het. Dan is daar ook nog die res van die 18 jaar wat hy sedert 2006 besig was om uit te dien, nadat hy destyds tot 40 jaar tronkstraf gevonnis is.

 
Die 2006-moord

Die liggaam van die 19-jarige (destyds) Louis Swart is op 13 Februarie 2006 langs die R43 na Stanford in die sand op ‘n swart gebrande veld gekry. Hy is met ‘n swaar kaliber rewolwer in die gesig, agterkop en rug geskiet. Sy motor is die volgende middag by Akkedisberg in die bosse naby Van Brakelstoor opgespoor. 

Michael Vlok (toe 19 jaar oud) is kort daarna naby Potchefstroom in hegtenis geneem in verband met die moord, terwyl hy per trein vanaf Kaapstad na Johannesburg oppad was. Vlok het destyds ‘n ryloopgeleentheid by Louis Swart vanaf Kleinbaai dorp toe gekry. Vlok het hom gedwing om deur die dorp te ry tot waar hy hom later koelbloedig langs die pad geskiet het. ‘n Baie kort hofsaak het destyds gevolg, waarna hy tot 40 jaar gevangenisstraf gevonnis is, waarvan 18 jaar effektiewe gevangenisstraf was.

 
Hardus Botha
Lang Arm van die Gereg

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Your Business Grows When You Do

Your Business Grows When You Do

As entrepreneurs, we are taught to focus on growth.

The Questions Beneath the Questions

The Questions Beneath the Questions

Entrepreneurs spend much of their lives looking outward.

The Seduction of Safety

The Seduction of Safety

There is a point in many entrepreneurial journeys where success begins to create an unexpected challenge.

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Soaking up a nature experience this week was the group of entrepreneurs from the 2025/26 programme...

Grootbos Foundation
Three Players Selected to Represent Boland

Three Players Selected to Represent Boland

Another hockey player, Luvo Moss, has been called up to play for the Boland Under-18 Inter-Provincial Tournament...

Grootbos Foundation
An Evening of Borrowed Light

An Evening of Borrowed Light

Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!

Gansveer Poetry Group
See All Articles