Blog

Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

Gans-Berg Nuus / News

Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

“Ek het baie uitgesien na die amptelike bekendstelling van my eerste Gospel CD, ‘God is op die Troon’, in Gansbaai Primêr se skoolsaal,” vertel Eliza Felix. “Vir my was dit ‘n hoogtepunt en ook ‘n droom wat verwesentlik is.” Sy is ook vol lof vir haar eggenoot, Andreas Felix vir sy volgehoue ondersteuning en aanmoediging.

Dit was behoorlik ‘n prestige funksie in die skoolsaal, ingesluit ‘n lewendige orkes wat die gaste kon vermaak. Al wat ‘n jongmens, tannie of oom was, was spoggerig vir die spesiale geleentheid geklee - hulle het behoorlik ‘uitgehang’ asof dit ‘n huweliksonthaal was! Eliza sê die orkes, Sean Swart van die Take Note Band, het uitstekend gevaar met haar liedjies wat hulle so pragtig aangebied het.

Eliza is ‘n gebore Gansbaaier en werk vir die afgelope 5 jaar as Assistent Bestuurder by Premier Fishing in die Protea Sentrum onder leiding van JP Coetzer. Voorheen was sy vir sowat 5 jaar ‘n baie bekende lid van Ikamva Jeugontwikkeling saam met Yolandé Sauls. Sy vertel dat sy gedurende daardie tyd baie lief vir die jeug geword het. “Daarom wil ek nou op jeuglede met sangtalente fokus om hulle te help en te oortuig dat hulle ook groot hoogtes kan bereik,” sê sy.

Eliza bedank graag haar familie, vriende, die orkes, gemeentelede en borge vir hulle ondersteuning om die aand suksesvol te kon aanbied. “Ek glo ek kan persoonlik ‘n verskil maak met my betrokkenheid by die jeug, asook in die beplanning van ons gemeente en kunstenaars vir ‘n volgende funksie.,” het Eliza gesê. 

 
Hardus Botha
Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Keep Your Garden Green This Summer

Keep Your Garden Green This Summer

When was the last time you really took a look at your garden? Is it looking a bit dry and thirsty?

Eco-Flo Irrigation
1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles