Martin du Plessis se 2 jaar in Saoedi-Arabië

Martin du Plessis se 2 jaar in Saoedi-Arabië

Gans-Berg Nuus / News

Image

Martin du Plessis se 2 jaar in Saoedi-Arabië

(2012 en 2013)

Martin du Plessis van Franskraal het besluit om, ná bykans 10 jaar, van sy wedervaringe in Saoedi-Arabië met ons lesers te deel. Martin was in 2012 en 2013 daar, waar hy Engels doseer het - die 1ste jaar aan studente van die Al-Baha Universiteit en daarna vir ‘n jaar aan volwasse Saoedi’s in Rihad, die hoofstad. Lesers sal onthou van die berig, ‘Liefdesverhaal van 50 jaar’, Gans-Berg Nuus (15 Julie 2022). Martin en Eileen du Plesis se studente-verlowing is jare gelede verbreek. Daarna het elkeen sy eie lewenspad geloop, is getroud en het afgetree. Ná 50 jaar is hulle op 27 Oktober 2017 uiteindelik in die huwelik bevestig - dis nou die einste Martin wat in Saoedi-Arabië gewerk het.

Martin sê in Saoedi-Arabië, waar hy was, lewe die mense nog baie konserwatief. Onder andere is drank, sigarette en dies meer taboe. “Die Verenigde Arabiese Emirate, veral in Dubai, het verwesters waar dit alles beskikbaar is, asook toerisme,” vertel Martin. “In Saoedi-Arabië is hulle baie streng en jy kry selfs nie eers toegang tot die land indien jy nie deur ‘n maatskappy uitgenooi word.” Eers dan word ‘n Icama (paspoort) aan jou uitgereik.

“Die maatskappy wat ons na Saoedi-Arabië uitgenooi het, was Al-Zazeera English Academy,” vertel Martin. Hy het eers vir ‘n jaar (2012) aan studente van die Al-Baha Universiteit Engels aangebied en daarna vir ‘n jaar (2013) aan volwasse Saoedi’s in Rihad, die hoofstad. Die maatskappy het bepaalde reëls as vereistes voorgehou: Martin hulle mag nooit oor seks, politiek, godsdiens of iets soortgelyks praat nie. Indien jy jouself skuldig hieraan sou maak, sal jou Icama onmiddelik ingetrek word. Jy sal op ‘n vliegtuig gesit word en na jou land van herkoms teruggestuur word.

Martin vertel ook dat jou Icama (paspoort) as Westerling soos goud 24 uur by jou gehou moet word. Indien die polisie, wat op ‘n 24-uur basis orals te sien is, jou sonder jou Icama vang, word jy summier in die tronk gegooi - “en dáár wil jy nie wees nie, jy sal dit nooit oorleef nie!” vertel Martin.

Martin sê ‘n uitstaande kenmerk van die landsburgers is hulle geloof. Dit oorheers hulle hele lewensbestaan en berus ook op ‘n puntestelsel. Hulle glo slegs in Allah en dat Jesus net ‘n profeet was soos hulle profeet, Mohammed wat die Koran by Allah ontvang het. “Volgens hulle het Jesus nooit aan ‘n kruis gesterf nie, maar die Engele het Hom kom haal,” sê Martin.

Die puntestelsel waarna Martin verwys, berus op die volgende: (1) Bid 5 keer op ‘n dag bid - ‘n uur voor sonop, 3 keer tusenin en dan ‘n uur na sonsondergang; (2) doen iets goeds vir iemand, byvoorbeeld as iemand stap om hom op te laai; (3) probeer mense oortuig om hulle geloof aan te neem. Indien hulle slaag, is dit baie punte wat bykom; hulle glo dat wanneer hulle in die hemel aankom, daar 70 maagde vir elkeen van hulle wag. Daarom gee hulle nie om om hulself met bomme te omgord, soos dit die geval met die Twin Towers was toe hulle daarin vasgevlieg het nie, dan kom hulle gouer in die hemel aan waar die 70 maagde vir hulle wag!

‘n Ander kenmerk is dat die onderskeie geslagte hulle kleuterskool-, laerskool-, hoërskool en universiteitsjare in afsonderlike plekke deurloop - dus is daar geen geslags-vermenging tot en met na hulle universiteitsjare nie. Hieruit word die afleiding gemaak dat dit moontlik die rede kan wees waarom sodomie onder die seuns en mans die hoogste syfer in die wêreld is, naamlik 93%.

Tydens Ramadaan, wat vir ‘n maand vanaf volmaan duur, word daar 24 uur gevas en geen voedsel word ingeneem nie. “Dit word met Eid opgevolg, waartydens hulle hulself omtrent wil doodeet,” sê Martin. “Dit was vir ons as Westerlinge baie moeilik, want dan het jou dag van dosering verskuif vanaf 22:00 tot in die vroeë oggendure.” ‘n Week verander ook in geheel daar. Saterdag is dan Maandag en Sondag is Dinsdag. Woensdag word Vrydag en is die begin van jou naweek tot Vrydag wat jou Sondag is!!

“Indien óns, wat onsself Christene noem, ‘n tiende van daardie mense se entoesiasme en ywer in hulle onwrikbare geloof vir hulle Allah gehad het, het ons as Christene oor die hele wêreld gelóóp!” het Martin gesê.

(Foto’s van Martin saam met Arabiere, is sy mediese groep studente van 2012 by die Al-Baha Universiteit.)

 
Hardus Botha
Martin du Plessis se 2 jaar in Saoedi-Arabië

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles