Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Image

Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Die Vroue-Landbouvereninging Kaapland (VLVK) se prestige 2022 Jaarkongres word vanjaar in Gansbaai aangebied. Hierdie belangrike kongres sal op 18 en 19 Augustus 2022 by Panorama, Nature’s Haven Venue net buite Gansbaai aangebied word.

“Met elke kongres word ’n tema vir die nuwe jaar aangekondig,” vertel Estelle du Plessis, VLVK-president. “Die tema van die 2022 kongres te Gansbaai, is: Die uitdaging van verandering / The challenge of change.” Estelle sê die kongres gaan deur afgevaardigdes uit elke windrigting in Kaapland bygewoon word. “Ongeveer 220 kongresgangers, wat sprekers en eregaste insluit, gaan vanjaar se kongres bywoon.”

Vanjaar se Openingspreker is dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaap. Dr Meyer is die VLVK se Dankie-persoon van 2022. Van die ander sprekers in die VLVK se ses Studierigtings is: Wicus Pretorius, die redakteur van TUIS, in Leefstyl; Dr Lishje Els, Opvoeding en Kultuur; Prof Chris Engelbrecht, Openbare Sake; Dr Irma Davel, Kunste en Handvlyt; Tersia Joubert van SOILL, Gesondheid; Helena Atkinson van Pangolin Africa, Landbou & Tuinbou; Magdie de Kock, Wêreldbond-president, WBPV; Vanda Gagiano, komiteelid van die Wêreldbond konferensiekomitee van 2023 in Maleisië.

“Donderdagaand het ons 'n dinee met Charné Hugo as kunstenaar waartydens die prysuitdeling van Leefstyl- en Kunste & Handvlytkompetisie pryswenners sal plaasvind,” vertel Estelle. “Dan is daar ook 'n uitstalling van al die bovermelde kompetisie-artikels, waaronder ook die pryswenners en mees uitstaande artikel vir besigtiging sal wees.” Sy sê vir die manne is daar ‘n walvisbesigtigingstoer gereël, asook 'n besoek aan die Penquin and Seabird Sanctury.

 
VLVK se Fokus vir 2022

Twee doelwitte van die VLVK is om vroue by te staan en aan te moedig om meer ingelig te wees en om te help om behoeftes in die gemeenskap raak te sien en op te los. Dit word gedoen deur jaarlikse projekte waardeur die VLVK na individue, groepe en die gemeenskap kan uitreik. Die projek vir hierdie jaar is: Bewaar ons Erfenis en die nuwe tema vir Augustus 2021 tot Augustus 2022 is: Leef Volhoubaar.

 
Hardus Botha
Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles