Blog

Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gansbaaiers vanuit alle gemeenskappe het die afgelope tyd gulde geleentheid gehad om hulle talente te kom toon en lekker pryse te ontvang - en daar is steeds drie sulke geleenthede wat wag. Anneri Lambrechts van Johnny Rockets is al sedert 1 Julie 2022 besig met ‘n talente-kompetisie waar almal welkom is. Inskrywings vir die kompetisies is gratis, asook toegang tot die kompetisie-aande.

Die eerste en tweede kompetisie-aande op 1 en 29 Julie 2022 het reeds suksesvol plaasgevind, met baie pryse wat gewen is. “Hierdie is werklik ‘Fun-aande’ wat terdeë deur die deelnemers en toeskouers van al ons gemeenskappe geniet is,” vertel Anneri. Pryse vir elke Vrydagaand se kompetisie word direk na afloop van elke kompetisie-aand oorhandig. Die kombuis is elke Vrydagaand oop vir burgers en pizza’s.

Die volgende talent-aande op Vrydae is reeds beplan: 19 Augustus, 2 September en 30 September. Inskrywings sal oop bly tot na 30 September 2022. “Daarna sal die datums vir die semi-finaal en later die finaal bekendgemaak word,” het sy gesê. Johnny Rockets is oorkant Uilenkraalsmond Vakansieoord geleë. 

Tydens ‘n sop-en-sjerrie-aand by Johnny Rockets is die pragtige bedrag van R2 000 ingesamel. “Hierdie geld het ons gebruik om kruideniersware vir Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum te koop,” het Anneri gesê. Sy en haar kleinseun, Kayden Stevens (5) het die kruideniersware aan Suzanne Hans, Bestuurder gaan oorhandig. Kayden het breë bors van kamer tot kamer gestap en sjokolade aan die inwoners uitgedeel. “Mense besef nie altyd hoeveel selfs net ‘n klomp kruideniersware deur hulle waardeer word nie - elke bietjie stop ‘n gaatjie toe,” sê Anneri. “Ons wil ander besighede uitdaag om dieselfde te doen.”

Kom wys gerus jou talente en wen dalk ‘n prys! Belangstellendes vanuit alle gemeenskappe en selfs besoekers wat graag wil deelneem, kan vir Anneri Lambrechts by 073 318 2024 skakel, of stuur ‘n epos aan haar by annerilambrechts@yahoo.co.

 
Hardus Botha
Image 1
Anneri Lambrechts (links) en haar kleinkind, Kayden Stevens (5) met die oorhandiging van kruideniersware aan Suzanne Hans (regs).
Image 2
Kayden Stevens gee vir ‘oom’ David Moos sy sjokolade.
Image 3
Hier ontvang ‘tannie’ Cynthia Barnett haar sjokolade van Kayden Stevens.
Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Breathtaking Winter Views Across Grootbos and Walker Bay

Breathtaking Winter Views Across Grootbos and Walker Bay

The parting shot this week is actually in two parts taken across the landscape today, which was a glorious winter's day. 

Grootbos Foundation
Warm Up Your Home This Winter

Warm Up Your Home This Winter

As the days get shorter, the colours in your home can make all the difference.

West Coast Inspiration

West Coast Inspiration

Looking for finishes that combine natural beauty with lasting durability? 

Damp Walls? Fix the Cause First

Damp Walls? Fix the Cause First

Noticed damp patches or water stains on your walls? Painting over the problem won't make it disappear.

Overstrand Tourism Diary: 10 - 16 June 2026

Overstrand Tourism Diary: 10 - 16 June 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops...

Gansbaai Tourism
Why Renting a Cement Mixer Is Better Than Buying One

Why Renting a Cement Mixer Is Better Than Buying One

For many builders, contractors, and homeowners, a cement mixer is essential for getting the job done. But does it make sense to buy one?

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles