Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Gans-Berg Nuus / News

Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Birkenhead Boothengelklub

Die onvoorspelbaarheid van ons moeilike winde, reën en seestoestande, kniehalter gereeld die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisies. So was Saterdag, 3 September 2022 ook nie ‘n uitsondering nie - die boothengelkompetisie is na 17 September 2022 uitgestel. 

Die gesellige funksie-gees het egter nie daaronder gely nie en die lente-funksie langs prag-versierde tafels het voortgegaan - met 60 gaste wat hulself gate uit geniet het. Voorsitter Robbie Nelson het die verwelkoming en ander administratiewe sake behartig. Hy het ook sy ma, Stienie Nelson, al die pad van Nylstroom af, aan die gaste voorgestel.

Drie wenners van ‘n vorige kompetisie is met prysgeld beloon: Norman Kemm en Miems Burger. Miems het ook wyle Rick Kuises se prys in ontvangs geneem, maar sy het dit aan die bootklub teruggegee. Terselfdertyd is Miems ook as ‘n nuwe lid voorgestel - baie welkom Miems!

Norman Kemm en Miems Burger

Jan Lourens se Musiekfabriek het gesorg dat die voete wat jeuk, behoorlik op die dansbaan geskoffel kon word. Elize Burger en De Wet Gilliomee se smaaklike spyskaart het ook nog nooit teleurgestel nie en die twee getroue hande in die kombuis, Maureen en haar dogter Sherien, het op-en-wakker vir die bediening en opwassery gesorg.

Alles in aggenome, was Saterdagaand weer eens ‘n suksesvolle en gesellige saamkuier tot laataand toe - hand-aan-hand met die lente (so tussen die wind en reën!) in die lug.

 
Hardus Botha
Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles