Reünie met ‘lag-en-traan’

Reünie met ‘lag-en-traan’

Gans-Berg Nuus / News

Reünie met ‘lag-en-traan’

-Dr Liesel Solyom (Trollope) se kuier-

Dit was net skaterlag (en bietjie trane!) op Maandag, 3 Oktober 2022 in Gansbaai Coffee Co - Liesel (dr) Solyom (Trollope), voormalige en bekende veearts en bewaringsaktivis van Gansbaai en haar seun, Jordan-Scott (15) het vir ‘n paar dae vanuit Nieu-Seeland hier kom kuier. Haar eggenoot, Charles Solyom kon ongelukkig nie die kort besoek meemaak nie. Liesel jarelange vriendin, Lynette van Wyk, voormalige wêreldbekende balletdanser, kon nie wag vir die beplande reünie nie.

“Dit was ‘n wonderlike wedersiens en ons het só lekker en gesellig saamgekuier,” vertel Lynette. Sy het haar foto-albums van toeka se jare, wat haar en Liesel se balletjare ingesluit het, saamgebring en vele emosionele oomblikke vanuit die verlede is saam ervaaar. Lynette vertel dat sy so opgewonde was dat sy spontaan ‘Wrinkle, wrinkle little star, how I wonder what you are’, inplaas van ‘Twinkle, twinkle ......’! “Dis nou oor al die plooie wat ons so deur die jare bekruip het,” het sy laggend gesê. Nog reünie-maats wat by die twee aangesluit het, is Adrie Prinsloo, Lida Oosthuizen, Sheryll Steyn, Tonie van Altena en Wynand en Lerouna le Roux.

Lynette en Liesel se liefde vir ballet het hulle bymekaar uitgebring, met Lynette wat dit haar beroep gemaak het en Liesel wat later besluit het om eerder op veeartsenykunde te fokus. Ironies genoeg, het Lynette op dieselfde tyd as wat Liesel vertrek het in Januarie 2019, besluit om haar balletskoene finaal op te hang.

Liesel het aan die begin van 2019, na baie jare in Gansbaai, na haar nuwe tuiste in die Suide van Nieu-Seeland vertrek. Sy het ‘n pos as veearts vir die Nieu-Seelandse regering met ‘n kontrak van drie jaar aanvaar. Deel van haar pligte was Bio-sekuriteit. “Dit was ‘n baie moeilike drie jaar vir ons in ‘n omgewing waar dit eenvoudig nooit ophou met reën nie en baie koud is,” vertel sy. “Na die drie jaar het ons na Christchurch verhuis,” vertel Liesel. Daar het sy by ‘n privaat praktyk gewerk, maar het intussen ‘n senior regeringspos as Hoof Uitvoer Beampte van Nieu-Seeland in geheel, met ingang van 1 November 2022 losgeslaan. Alle uitvoere van diere-produkte en selfs wyn en heuning, sal onder haar beheer val.

“Dra asseblief my groete aan almal in ons omgewing oor,” het Liesel voor haar vertrek gevra. “Dit was ‘n baie kort besoekie met beperkte geleentheid vir kuier en ek is so jammer dat ek nie almal wat ek ken kon sien nie.” Na slegs ‘n dag moes sy na Pretoria, vanwaar sy na sowat ‘n week weer na Nieu-Seeland terugkeer. Lynette se afskeidswoorde, wat sy by haar ma gehoor het, was: “Berge en Dale ontmoet mekaar nooit, maar mense wel!”

Image 1
Reünie-groep: Voor is Lida Oosthuizen, Liesel Solyom (Trollope), Lynette van Wyk en Tonie van Altena. Agter is Adrie Prinsloo, Wynand en Lerouna le Roux en Sheryll Steyn.
Image 2
Liesel (Trollope) en Charles Solyom, saam met Liesel se seun, Jordan-Scott kort voor haar vertrek na Nieu-Seeland in 2019. (Argieffoto)
Image 1
Liesel Trollope, die bewaringsaktivis met ‘n beseerde rooikat.
Image 2
Lynette van Wyk met haar sentimentele pienk Pointe (Frans) balletskoene in 2019.
 
Hardus Botha
Reünie met ‘lag-en-traan’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles