Pluimpie vir Overstrand (Gansbaai) Munisipaliteit

Pluimpie vir Overstrand (Gansbaai) Munisipaliteit

Gans-Berg Nuus / News

Pluimpie vir Overstrand (Gansbaai) Munisipaliteit

Die riooltenker het op Donderdagmiddag, 20 Oktober 2022 op my versoek my drein kom leegmaak. Een van die rioolspan se lede het kom rapporteer dat hulle sukkel om te suig. Ek het op daardie stadium ‘n kuiergas gehad en het eers die aand in die bed besef dat hier dalk groot probleme is.

Dit is hierdie tipe dinge wat ‘n enkelvrou laat wakker lê en die ou duiwel het my allerhande dinge deur die loop van die nag wysgemaak. My riooltenk, met die uitvloeipyp, is onder ‘n klomp kubieke meter sand begrawe en dit is slegs die koppelstuk wat aan die buitekant van ‘n gepakte retensie-muur uitsteek.

Ek het ek die Vrydagoggend die Riool en Tenker Afdeling by Gansbaai Munisipaliteit geskakel. Die altyd vriendelike operasionele klerk het geduldig na my dilemma geluister en onderneem om die Waarnemende Superintendent van hul Afdeling te versoek om ‘n inspeksie te kom doen om die probleem te identifiseer. Sy het my gewaarsku dat hulle met ‘n groot projek in Masakhane besig is en dat sy nie kan waarborg dat hulle wel spoedig by my gaan kan uitkom nie.

Die Waarnemende Superintendent en ‘n senior lid van ‘n rioolspan het nietemin nog dieselfde dag laatmiddag uitgekom. Hulle ondersoek het uitgewys dat die koppelstuk met ‘n stuk pyp afgebreek het. Aangesien die moontlikheid bestaan dat die pyp tydens die laaste suigproses van hul riooltenker kon gebreek het, het hulle sonder versuim aangebied om die gebreekte gedeelte saam met hulle te vat om te gaan bepaal of dit herstel kan word. Hulle het ook beloof om dit so gou as moontlik terug te bring. Dinsdagoggend vroeg was die koppelstuk terug op sy plek!

Hiermee wil ek graag my opregte dank en waardering teenoor die Munisipale werknemers vir hul uitstekende diens uitspreek.

 
Dankbare Kleinbaaier
 
Pluimpie vir Overstrand (Gansbaai) Munisipaliteit

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles