
Up for Adoption: Mielah
Mielah is gereed om aangeneem te word. Ons is opreg dankbaar teenoor Dee Henderson wat haar in Masekhane gered het, vir Jan Kirsten wat spesiaal vir haar n groot hok by BARC gebou het, vir Isobel Odendaal wat met die Pet Grocer kontak gemaak het vir spesiale kos, Bravecto ens.,vir Louise Higham wat aangebied het om vir haar sterilisasie te betaal en vir die personeel van BARC vir haar versorging, veral Quinton wat haar elke dag ingesmeer het.
Al wat nou kort is n liefdevol huis vir die jong meisie.
Vir meer inligting, kontak asb vir Nols van BARC.











