Blog

Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Gans-Berg Nuus / News

Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Die vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation is sonder enige twyfel ‘n wen-wen situasie vir die plaaslike omgewing en die ekonomie. CapeNature, die Wes-Kaapse Bewaringsagentskap en Grootbos Foundation het hande gevat deur ‘n formele vennootskap aan te gaan. Die doel van die vennootskap is om uitheemse plantegroei in die Walkerbaai-gebied uit te roei, asook om vaardigheidsopleiding aan te spreek deur Grootbos Foundation se Green Futures College, die beroeps-opleidingskomponent van Grootbos Foundation.

Die twee organisasies het onlangs ‘n gesamentlike viering te Grootbos Privaat Natuurreservaat ter ere van die groep CapeNature studente wat ‘n huishoudings-opleidingsprogram voltooi het. Die groep van 19 vroue en 1 man vanuit die plaaslike gemeenskap in Gansbaai gaan die uitdagende en fisieke taak aanpak om die indringerplantspesies op die duine in die Walkerbaai Natuurreservaat area uit te roei. Die geleentheid is ook deur Minister Anton Bredell, LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning bygewoon, asook die eienaar van Grootbos Privaat Natuurreservaat, mnr Michael Lutzeyer.

Altwee partye stel ekonomiese ontwikkeling en bewaring as ‘n gemeenskaplike doelwit. Minister Bredell het die vennootskap lof toegeswaai: “Dit is prysenswaardig wanneer die private sektor in bewaring belê en verantwoordelikheid neem vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en werkskepping. Nie net sal die skoongemaakte duine bydra tot die 12 000 hektaar wat die afgelope jaar op CapeNature-grond skoongemaak is nie, maar die werkers het nuwe vaardighede aangeleer wat hulle in staat sal stel om die arbeidsmark met groter selfvertroue te betree.”

Die huishoudings-opleiding wat aan 16 CapeNature toerismebeamptes aangebied word, is gebaseer op die “train-the-trainer”-konsep sodat elke CapeNature-beampte nou hul opleiding en kennis by al die CapeNature-reservate met ‘n toerisme-aanbieding kan deel, wat die reikwydte van hierdie opleiding na ‘n verdere 100 werknemers in die eerste jaar sal uitbrei.

Mnr Michael Lutzeyer het gesê: “Bewaring werk die beste wanneer almal betrokke is, en elke persoon wat in ons dorpsgemeenskappe woon, verstaan die waarde daarvan om ongerepte natuur te beskerm. Ons kan almal ‘n rol in bewaring speel, en ons kan almal voordeel trek uit bewaring deur meer groen werksgeleenthede te skep, veral vir vroue. Dit is maklik om die ongelooflike skoonheid van die Walkerbaai-streek te sien - om almal aan hierdie skoonheid te verbind, is hoe ons dit vir altyd sal beskerm. Ons waardeer die ondersteuning van CapeNature om hierdie verantwoordelikheid vir ons mense en ons planeet te deel.”

“As die bewaarder van meer as ‘n miljoen hektaar bewaringslandgoed in die Wes-Kaap, is strategiese vennootskappe soos hierdie van kritieke belang vir CapeNature om sy mandaat te bereik. Dit is ‘n wen-wen situasie vir beide die ekonomie en die omgewing,” het minister Bredell gesê.

 
Grootbos Foundation (Vertaal deur Gans-Berg Nuus)
Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles