Blog

Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Gans-Berg Nuus / News

Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Baie is al oor die sendingvelde op die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal (ou Noord-Zululand) geskryf - onder andere het ‘n spannetjie Gansbaaiers onder leiding van Johan en Elcine Hulme al verskeie kerke oor jare heen daar vir die gemeentes gebou. Die permanente evangelis daar is Bongenkosie (Bongi) Mthembu en sy eggenote, Lindiwe wat hom bystaan en wat al in Gansbaai kom kuier het.

Daar is egter nie net ‘n behoefte aan kerkgeboue nie, maar ook sagte speelgoed, klere en veral warm klere vir baie kinders wat letterlik niks het nie. Verskeie groepe dames het al in die verlede ingespring en klere gemaak en truie en poppe gebrei. Tans is daar weer so ‘n projek van stapel gestuur, met enkele dames wat help.

Een van hierdie dames is Christa van Dyk van De Kelders. “Hierdie keer het ek besluit om my eie kop te volg en dit ‘n spesiale projek vir my te maak,” vertel Christa. Sy brei nie sommer gewone ‘pullovers’ (oortrek-kortmoutruitjies) nie - nee, dis spesiaal met ‘n kragie en al, asook baie spesiale, pragtige knopies en versieringtjies wat aangewerk word. Van die figuurtjies is onder andere paddatjies, bokkies, skoenlappertjies en dies meer. Die knopies is ook ‘iets vanuit’ ‘n ander wêreld wat sy gebruik - alles om die truitjies aantreklik en spesiaal vir die kindertjies te maak. Tydens die Gans-Berg Nuus se besoek aan huis van Christa en haar eggenoot, Coenie, het sy al byna 40 van die truitjies gebrei - die een so fraai soos die volgende een.

Christa en Coenie was self (vanaf 2006) deel van die jaarlikse spanne wat daar kerke gaan bou het. Verder is hulle ook bekendes agter die Tombola-tafel (aanvanklik) gedurende basaartye. Later het hulle na die Wit Olifanttafel oorgeskuif - met hulle motorhuis en woning wat soms ‘oorloop’ van tweedehandse ware wat hulle insamel. Hulle is twee hardwerkende en pragtige mense vir Gansbaai se NG-gemeente, maar veral vir Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes tydens basaartye.

 
Hardus Botha
Spesiale Oortrektruitjies vir Makhathini

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles