Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 4 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Vanaf die Gosho Park Campsite en die pragtige Chimanimani, beweeg die groep aan na Chinhoyi Caves National Park, wat ‘n volledige verhaal in eie reg is. Eers moes Fanie en Judy ‘n pakkie aan Suid-Afrikaners in Marondera afgee - “twee aangename jongmense van die besonderse koffiewinkel, met een wat sê: ‘Oom, in chaos is daar baie geleenthede’.” Hoe waar is dít nie! Na die aangename kuiertjie, word die pad na Harare aangedurf. Dis ‘n groot stad met statige geboue. Fanie wys hulle die Reserwebank, asook ander bankgeboue waar hy op ‘n stadium gewerk het. 

“Met die uitdraai uit die hoofstraat verander alles in absolute chaos - dis mense, motors, busse en hope en hope rommel!” Hulle kry die enorme groot Avondale Flea Market en staan verstom oor kleurryke tradisionele lappe, kralewerk, bakke, handwerk, sakke en tafeldoeke, om net enkele items te noem. “Mens weet nie waar om te kyk en wat om te koop nie!” Na hierdie ervaring, vertrek hulle na Chinhoyi.

Elna se beskrywing van Zim se padreëls: “’n Dubbele spêrstreep beteken jy kan verbygaan, net wanneer jy wil, en selfs 4 tot 5 langneusvragmotors op ‘n ry verbysteek!” Fanie voeg toe by: “Die geel spêrstreep aan die regterkant van die pad is om die baan aan te dui waar aankomende verkeer moet ry!” Die pad na Chinhoyi is uiters swak, maar word aangedurf. Sowat 5km buite Chinhoyi kom hulle by hulle bestemming uit: Chinhoyi Caves Camping.

Hulle besoek die Chinoyi-grotte: eers die ‘donkergrot’ en daarna die ‘watergrot’ - ‘n besonderse ervaring. Die tradissionele naam vir die grotte is Chirorodziva, wat die ‘poel van die vallende water’ beteken. Die grotte bestaan uit kanale en grotte, waar die stelsel stadig ineenstort soos aan die sinkgate in die omliggende area gesien kan word. Die wondergat is die hoofkenmerk van die grot, 'n vlak gat of 'n groot grot met 'n ineengestorte dak. Die mure of die binnekant van die wondergat sak vertikaal af vir 46 meter na die slaappoel. Die swembad is ongelooflik blou en kristalhelder wat groot dieptes en nie-vloeiende water weerspieël.

Die volgende stop (Deel 5) is die Mana Pools by die Nyamepi Camp, wat blyk ‘n besonderse ervaring was. In die volle reeks kan lesers kennis neem dat “aanhalings” uit Elna se dagboek kom, sonder dat daar na haar verwys word, aangesien alle inligting op haar besonderse handgeskrewe dagboek geskoei is. 

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles