Blog

Om 41-Jaar-Oue Brandewyn Te Proe (70% alkoholvlak)

Om 41-Jaar-Oue Brandewyn Te Proe (70% alkoholvlak)

Gans-Berg Nuus / News

Om 41-Jaar-Oue Brandewyn Te Proe (70% alkoholvlak)

-Charl Terblanche se Distell-afskeidsgekenk-

“Charl, a special 41 year old blend for you!” lui die handgeskrewe inskripsie op ‘n bottel 41-jaar-oue bottel Van Ryn’s Special Blend No 25 brandewyn (70% alkohol) wat Charl Terblanche van Distell as afskeidsgeskenk ontvang het. Dit was na 42 aaneenlopende diensjare - dit wil gedoen wees! “Jammer dit was nie ‘n 42-jarige bottel nie, dan was ons kalwers van dieselfde jaar!” het Charl op sy rustige manier droogweg gesê.

Die geskenk-bottel 41-jarige bottel brandewyn het sedert sy aftrede in ‘n kas gestaan en is eers onlangs oopgemaak. As gevolg van die hoë 70% alkoholvlak, het Charl ‘n gedeelte van die brandewyn in ‘n ander glashouer gegooi om die ‘Ware Jakob’ te bewaar. Die oorspronklike bottel het hy met water opgevul om die alkoholvlak effens te verlaag. Charl het verduidelik dat brandewyn wat só oud geword het, net in ou, gebruikte houtvate bewaar word. “As jy hierdie ou brandewyn in ‘n nuwe houtvat gooi, sal jy splinters in jou mond kry!” is sy opmerking. Charl sê alle brandewyne in Suid-Afrika moet 3 jaar in ‘n houtvat lê, daarna 5 jaar en daarna 10 jaar. Die oudste wat hy van weet is 20 jaar, wat hierdie 41-jarige brandewyn dus uiters besonders maak. 

Charl is ná sy opleiding as wynmaker by Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut in die Wes-Kaap direk na Distell - by wie hy vanaf Desember 1975 tot en met sy aftrede in 2017 gewerk het, “en dit was die wonderlikste jare van my lewe, veral die 31 jaar as wynaankoper, en ek sou niks anders wou doen nie.” In kort verloop sy beroepslewe soos volg: Stellenbosch as Assistent Wynmaker; Tulbach as Bestuurder; terug na Stellenbosch as Wynaankoper vir 31 jaar - maar deurgaans in diens van Distell. “Daar het ek ‘n ‘lisensie’ ontvang om 8 uur soggens al met die proe van wyn te begin en soms tot laataand toe aan te hou,” vertel Charl met die tong-in-die-kies. Brandewyn moes ook geproe word, aangesien Rabatwyne gekry is vir die maak van brandewyn wat dan deur Distell goedgekeur moes word.

Charl en sy eggenote, Erna is in 1977 in die huwelik bevestig. ‘n Seun, Murray (43, ongetroud) en ‘n dogter, Janell, getroud met Ryno Coetzee en hulle het ‘n 5-jarige seuntjie, Charl. “Al is klein Charl se van Coetzee, is hierdie oupa baie trots op sy naamgenoot,” vertel Charl. Die egpaar het aanvanklik gereeld na hul eiendom in Uilenkraalsmond gegaan. Na sy aftrede in 2017 het hulle in 2018 ‘n woning in Franskraal gekoop en in 2019 permanent daarheen verhuis. Die egpaar is sedert 2020 lede van Gansbaai Wynproegilde, waar Charl tans op die bestuur dien. Met sy grondige kennis van wyn lewer Charl gereeld insiggewende insette en praatjies tydens byeenkomste.

En toe is die onderhoud met ‘n rustige Charl op ‘n einde - maar toe begin die moeilikheid! “Jammer, maar jy kan nie die berig oor hierdie ou brandewyn skryf as jy dit nie self geproe het nie!” Net daar word twee brandewynglase neergesit, een met die verdunde brandewyn en een met die 41-jarige brandewyn en die joernalis kry so ‘n rilling teen sy rug af. Daar word eers aan die verdunde brandewyn geruik en geproe - heel gangbaar. Daarna volg die glas met die 70% alkoholvlak brandewyn. Mens, dis toe nou net daar waar ‘n man se bors toetrek, met ‘n vinnig paar hoesbuitjies wat volg! Wat interessant was, nadat die hoesbuie bedaar het, is dat die 41-jarige brandewyn ‘n skerp en duidelik pruim-reuk het - ‘n verbasende aangename geur. “Ter afsluiting, jy weet natuurlik dat jy die eerste en dalk die enigste joernalis in die land is wat hierdie brandewyn geproe het, dit is nêrens anders beskikbaar nie!”

 
Hardus Botha
Om 41-Jaar-Oue Brandewyn Te Proe (70% alkoholvlak)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Guest Review: Nadine’s Stay

Guest Review: Nadine’s Stay

At Dwell, we’re passionate about creating unforgettable experiences in homes that feel like your own.

Celebrating Growth: 2024 Entrepreneurs and ECD Teams

Celebrating Growth: 2024 Entrepreneurs and ECD Teams

The completion of 6 months of mentorship with our inspiring 2024 Entrepreneurs and local ECD teams.

Grootbos Foundation
Exploring Human Origins

Exploring Human Origins

Check out this interesting story about research into human origins!

Grootbos Foundation
Find Inner Peace: Reclaim Your Power and Strength

Find Inner Peace: Reclaim Your Power and Strength

"Nobody can bring you peace but yourself." - Ralph Waldo Emerson

Walker Bay Darts Klub Skitter op die Afrika Kontinentale Toer

Walker Bay Darts Klub Skitter op die Afrika Kontinentale Toer

Plaaslike ‘Dartshelde’ het hul merk by die Afrika Kontinentale Toer in Roodepoort gemaak en gewys waartoe hulle in staat is.

Gans-Berg Nuus / News
i-MED Africa Community Visit

i-MED Africa Community Visit

Recently, women from Masakhane visited our center to collect medicinal herbs for their homes.

i-MED Africa
See All Articles