Pikkie Louw Groet Tydelik - NGK se Jarelange Orrelis
Pikkie Louw, die NG-gemeente se legende-orrelis vir baie jare, groet tydelik tot die einde van die jaar. Pikkie het verlede jaar tydelike werk in McCool, Nebraska, Noord-Amerika gekry, maar het onlangs weer kom kuier. Nou het hy weer vertrek, maar kom eers aan die einde van 2024 terug. Die meegaande foto is tydens sy ‘laaste’ optrede saam met Aletta Löchner, voormalige koorafrigter, asook die NGK-Mannekoor in die Pretoriussaal. Sterkte aan Pikkie en kom veilig terug!