Rus Sag, Sagmoedige Reus: Coenie Wessels van Gansbaai

Rus Sag, Sagmoedige Reus: Coenie Wessels van Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Rus Sag, Sagmoedige Reus: Legendariese Bakker Coenie Wessels van Gansbaai

In verskeie onderhoude wat deur Gans-Berg Nuus met personeellede van Gansbaai Superspar, asook kliënte, gevoer is, het dieselfde mening oor Coenie Wessels uitgetroon: “Gansbaai het ‘n sagmoedige reus verloor en sal ten diepste gemis word.” 

Coenie Wessels (54), die legendariese bakker van Gansbaai Superspar, is op Hemelvaartsdag, 9 Mei 2024 in die vroeë oggendure oorlede. Met sy diabetiese probleme het sy gesondheid die afgelope paar maande vinnig agteruitgegaan. 

Elena Pienaar, wat die begrafnisreëlings getref het, sê haar oorlede man en Coenie was neefs en sy ken hom sedert 1982. Coenie se ouers, Piet en Sannie Wessels, is jare gelede al oorlede. Coenie het ‘n jonger broer gehad wat in 1992 oorlede is. 

Coenie se diens is op Vrydag, 17 Mei 2024 by Gansbaai AGS-gemeente deur past Emilia Swanepoel van Lofdal Internasionaal in Brackenfell gelei. “Dit is vir my ‘n besonderse voorreg om die diens te kan waarneem,” het Emilia gesê. “Ek is ‘n ou Gansbaaier en ken Coenie sedert 1986 en ons het saam grootgeword, maar ek het in 2003 na die Kaap verhuis. “Ek het Coenie die Woensdagaand, enkele ure voor sy afsterwe, in Tygerberg Hospitaal besoek en vir hom gebid, al was hy reeds te swak om te praat, maar ek kan met vreugde getuig dat hy ‘Ja’ geantwoord het toe ek hom vra of hy gereed is om te gaan!” Die kern van Emilia se boodskap was: “Laat julle harte nie ontsteld word nie.” Die ter aarde bestelling was in die ou begraafplaas, waar Coenie langs sy pa ter ruste gelê is. 

Gesprekke met kollegas en kliënte:

De Wet van Niekerk, mede-eienaar van Gansbaai Superspar, vertel sê Coenie is reeds vir die afgelope 20+ jare deel van die Spar-familie, plus nog sowat 7 jaar by die ‘ou’ Spar’. “Die dag toe ons Gansbaai Superspar se deure oopgemaak het, was Coenie hier en het hier gewerk tot en met sy afsterwe,” vertel De Wet. “Ek kan byna na hom as ‘ons meubelstuk’ verwys.” Wat vir my altyd van Coenie uitgestaan het, is dat hy ‘n absolute ‘in-detail-mens’ was en ‘n opdrag ‘uitmekaar’ kon trek met vrae totdat hy tevrede gestel is. De Wet sê Coenie het ook altyd sy eie resepte met kliënte gedeel, iets wat professionele bakkers nie maklik doen nie, maar die bestuur het hom maar laat begaan - dit was sy trots en plesier om dit te kon doen. Sy grootste vreugde was om geselsies met kliënte aan te knoop en het altyd gevra of hulle dié of dáárdie resep van hom wil proe. “Ons het Coenie ook as ‘n diep en gelowige Christenmens tot voorbeeld van almal ervaar.”

Chrizülene van Niekerk praat van Coenie, die ou Grote, met sy sagmoedige hart wat net die beste vir ander wou gee - hy het elkeen wat hom ontmoet het, aangeraak met sy sin vir humor en sy opgewonde geselsies en om kliënte aan te moedig om die bakkery se nuwe lekkernye te proe en het altyd in die gange gelag en met kliënte geselsies aangekoop. 

Mariëtte Coetzee (kassier) sê sy ken Coenie vanaf 2001 - vanaf die ‘onderste’ Spar tot nou toe. “Ek onthou hom as ‘n nederige, vriendelike en omgee-mens en het hom in al hierdie jare nog nooit kwaad gesien nie,” het ‘n bewoë Mariëtte gesê.

Michael Compion (Groente-afdeling), sê hy ken Coenie al die afgelope 37 jaar. “Ons het saam grootgeword en was saam vanaf oom Basie Wessels se Spar tot nou toe,” het Michael gesê. “Ek het baie by Coenie in die bakkery geleer terwyl ek daar was - ons was soos twee broers.” 

Dina van Rooyen (bakkery) sê sy het 10 jaar saam met Coenie in die bakkery gewerk en onthou sy vriendelikheid en behulpsaamheid. “Al het ek self baie ondervinding gehad, het ek steeds baie by hom geleer, veral met sy nuwe idees en deeglike beplanning,” het sy gesê.

Anita Botha, ‘n kliënt en goeie vriendin van Coenie, vertel dat Coenie haar altyd as ‘sy tannie’ aangespreek het en nooit kon wag om ‘n glutenvrye resep met haar te deel nie. Hulle het ook gereeld koekversierings-‘geheimpies’ met mekaar gedeel. Anita, wat gluten-allergies is, het Coenie van haar meel vertel wat sy vanaf Caledon kry, met die lande wat met geen chemiese stowwe behandel word nie en wat sy kan gebruik. “Jare gelede was daar nie van dié meel by Gansbaai Superspar beskikbaar nie,” vertel Anita. “Na ons gesprek het hy my kort daarna spesiaal geskakel om te sê dat hy toe van die meel bestel het en dat dit nou op die rakke is.” Elke keer as sy vir Coenie raakloop, wou hy weet hoe dit met ‘sy tannie’ gaan en of sy nie ‘n glutenvrye skonsie wil kom proe nie.

Francia van Dyk, betrokke by die NG-gemeente se basaar, asook dié van HaS, verwys na ‘duisende’ pasteie wat al deur Coenie se hande gegaan het. “Coenie het my altyd in alle opsigte en met die grootste geduld daarmee ondersteun,” het sy gesê.

Lank lewe onse Coenie Wessels, Gansbaai se bo-baas bakker en sagmoedige reus!

Foto 1:
Coenie Wessels saam met sy ma, Sannie Wessels.

Foto 2:
Coenie Wessels en Sannie (sy ma), saam met Helena Pienaar.

Foto 3:
Past Emilia Swanepoel, ‘n oud-Gansbaaier, wat Coenie Wessels se begrafnisdiens gelei het.

Hardus Botha

Rus Sag, Sagmoedige Reus: Coenie Wessels van Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Your Future with Dormehl Phalane

Your Future with Dormehl Phalane

Your dream home, your investment goals, your next chapter...

Master Anger: Transform Your Life Today

Master Anger: Transform Your Life Today

Anger is one of the most destructive forces we possess as humans. 

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Die kosbare kleinnood, ‘Uit die Beek’, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek, se 100ste uitgawe (2025) het pas verskyn en is reeds beskikbaar.

Gans-Berg Nuus / News
Daily Blog: 13 January 2025 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 13 January 2025 | Shark Cage Diving in South Africa

What an unforgettable adventure for our guests and crew today!

6 February 2025: Fabric Wallet Workshop

6 February 2025: Fabric Wallet Workshop

Join our fabric wallet workshop at Kaliko Boutique Fabric Shop!

Top Paints: Best Waterproofing Products!

Top Paints: Best Waterproofing Products!

Top Paints got you covered with our waterproofing products.

See All Articles