Blog

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Gans-Berg Nuus / News

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Dr Jolyn Phillips (34), ‘n gebore Gansbaaier van Blompark, het op 20 September 2024 haar Doktersgraad (PHD) in Engelse Letterkunde, wat sy aan die Universiteit van Weskaapland verwerf het, ontvang. Jolyn se studieleiers was Prof Antjie Krog en Prof Kobus Moolman. “My tesis het oor Bientang, ‘n sogenaamde inheemse vrou wat in die grot in Hermanus gebly het, gehandel,” vertel Jolyn. “My verhandeling ‘celebrate’ my herkoms, Gansbaai en Hermanus, asook die belangrikheid dat die inheemse afstammelinge in die area onthou sal word en eer betoon sal word.” 

Jolyn is op 5 April 1990 in Blompark gebore en voltooi haar laerskooljare in Gansbaai Primêr. “Mnr Steve Jacobs, Gansbaai Primêr se taalonderwyser, was vir my ‘n mentor,” het sy destyds gesê. Haar trotse ouers is Jacobus en Jocelyn Phillips. Die Gans-Berg Nuus se vorige berigte het vertel van Jolyn se suksesvolle studiejare aan die Universiteit van Weskaapland, asook van haar debuutbundel, Tjieng Tjang Tjeries and other Stories, wat op 30 September 2016 tydens ‘n prestige geleentheid in Gansbaai Primêr se skoolsaal bekendgestel is. Overstrand se voormalige Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith, het tydens die bekendstelling gesê: “Jy is ‘n absolute inspirasie oor wat alles met harde werk en toegewydheid bereik kan word. Deur jou voorbeeld het jy bewys dat alles moontlik is, indien jy in jouself glo.” 

Na verdere publikasies deur Jolyn, asook studies, verwerf sy haar Meestergraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Weskaapland in September 2014. Die redaksie van die Gans-Berg Nuus wens Jolyn van harte geluk met haar doktorsgraad en wens haar ‘n suksesvolle toekoms toe.

Hardus Botha

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles