Erfenisdag Kunsuitstalling
‘n Groep plaaslike kunstenaars het ‘n Erfenisdag Kunsuitstalling in die Birkenhead Boothengelklub se saal aangebied, wat baie goed ontvang en ondersteun is - die saal was behoorlik ‘toegegooi’ onder uitstaande kunswerke. Ons plaaslike kunstenaars mag maar - hulle is Tops! Margi Muller se groepie puik Lyndansers het vir tussenin vermaak gesorg wat terdeë geniet is.
Hardus Botha