Birkenhead Boothengelklub: King of the Bay Kompetisie Seëvier
Saterdag, 26 Oktober 2024 se maandelikse boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub (BBK), het met die jaarlikse en gewilde King of the Bay Kompetisie saamgeval. Die gesogte King of the Bay Trofee was die inisiatief van Philip en Lorraine Fourie, tans erelede van die BBK. Die trofee beeld ‘n Malgas (Gannet) uit. Meer hieroor sal na afloop van die BBK se Jaareindfunksie op 23 November 2024 aan leers deurgegee word.
Die King of the Bay Kompetisie, waaraan 12 bote van omliggende boothengelklubs deelgeneem het, se volledige uitslae en die naam van die wenner-klub, word as ‘n verrassing gehou tot en met die BBK se Jaareindfunksie, waartydens die belangrike aankondiging gemaak sal word en pryse uitgedeel sal word. Wat wel genoem mag word, is dat Carl Dyer as individuele wenner van die dag uit die stryd getree het. Die meegaande foto’s is enkele van die bote se bemanningslede, met erkenning aan Robbie Nelson.
Hardus Botha