Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General

‘Ons’ Liedjieboer se Nuutste Enkelsnit

‘Ons’ Liedjieboer se Nuutste Enkelsnit

Gans-Berg Nuus / News

Image

‘Ons’ Liedjieboer se Nuutste Enkelsnit

Ontspanne in Coffee Co in Gansbaai oor koppie filterkoffie lag en gesels mens op ‘n heel ander vlak met die mens Anton Goosen - sommer oor alles en wat nog, weg uit die kalklig uit. Dit kan nie as ‘n onderhoud beskryf word nie, eerder as ‘n gesellige saamkuier met geselsies, selfs van many moons ago oor Anton se (stoute!) studentejare aan die Heidelberg Onderwyskollege.

Terug by ‘werk’, so tussen die koffie-drinkery deur, gesels Anton oor Luka, die 3de Enkelsnit van Sirkels. Luka is op 14 Oktober 2024 bekendgestel. Die 1ste Enkelsnit was Bly by my, (My Lief), en die 2de was Gigi. Alles vorm deel van Anton se album, Sirkels, wat nege nuwe liedjies bevat. “Vir my is Sirkels deel van die mens se lewenssiklus - êrens word iemand begrawe, êrens word iemand weer gebore,” vertel hy.

Anton is baie opgewonde oor hierdie 3de enkelsnit, Luka en beskryf dit as ‘die Hoop wat nuwe Lewe bring’! - “Die verlede lê ver agter - dis die toekoms wat wink - vir die dansende ster, wat in Luka se blou oë so blink...”, lui een van die treffende lirieke. Luka, wat ‘lig’ of ‘draer van lig’ in verskeie Slawiese tale beteken, is ‘n strelende, akoestiese ballade in ’n 6/8-walsgenre, uit Anton se eie pen. Dit vertel van vreugde en hoop wat saam met ‘n nuwe lewe kom. “Hierdie enkelsnit vang die liefde en onskuld deur die oë van ‘n pasgebore seuntjie vas,” vertel Anton: “Dit is ’n liefdesliedjie oor ’n klein seuntjie, genaamd Luka, met die blouste oë in die wêreld. Die boodskap is diep, maar eenvoudig: gryp die dag aan - carpe diem,” verduidelik Anton. 

Anton beskryf die metaforiese ‘lig’ van die dansende ster as die fakkel wat in Luka se oë skyn, met Anton se inspirasie uit die filosoof, Nietzsche, se woorde: “Uit chaos kom daar ’n dansende ster” - hy filosofeer self verder: “Met nuwe lewe kom nuwe hoop - ek skryf dikwels oor waarnemings en emosionele ervarings, soms verander ek name en soms nie.” Die enkelsnit sluit harmonieë van Lise Swart en Zolani Mahola in, met Illimar Neitz op die kitaar, Schalk Joubert op die bas, Kevin Gibson op die tromme en Keith Farquharson op die Hammond-orrel.

Anton, alom bekend as die vader van Afrikaanse Rock, betower luisteraars reeds vir dekades met sy boeiende lirieke en onvergeetlike deuntjies. Gansbaai is reeds sowat 16 jaar sy permanente woning en hy is hier met Estie, ‘n Laerskool Gansbaai onderwyseres, in die huwelik bevestig. Sy bydrae tot musiek het hom verskeie toekennings besorg, insluitend SAMA-, Innibos- en FAK-toekennings.

Onlangse optredes van Anton by die Woordfees, was ‘Koos & Vyande’ (Koos Kombuis) x 2 optredes en ‘Blommetjie gedenk aan my’ x 2 optredes, saam met onder andere Sima Maggazi, Lise Swart, Sonja Heroldt en Zolani Mahola x 2 optredes. In Augustus 2024 speel Anton ‘n groot rol met Laerskool Gansbaai se fondsinsamelingsaand, ‘Laat die Gansies Gons - saam met sy kitaarspeler, Illimar Neitz, Valiant Swart en die uitstekende LSG-kore. Om tot ruste te kom of om af te tree, vorm nie eens naastenby deel van Anton Goosen se woordeskat nie! 

Hardus Botha

‘Ons’ Liedjieboer se Nuutste Enkelsnit

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Newsletter #5 Now Available - April 2026

Newsletter #5 Now Available - April 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #5 is out now!

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

At Koekeloer Gift Shop in Gansbaai, we’ve just restocked with beautiful treasures straight from Bali.

Stop Comparing Yourself to Others

Stop Comparing Yourself to Others

We’ve learned to measure ourselves…

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Feelgood Friday update from Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Hands That Paint, Hearts That Build

Hands That Paint, Hearts That Build

Last week was a truly special week in the Beverly Hills community.

Sunshine Nation
See All Articles