Blog

VLV sluit 2024 met ‘Skaterlag’ af

VLV sluit 2024 met ‘Skaterlag’ af

Gans-Berg Nuus / News

VLV sluit 2024 met ‘Skaterlag’ af

Die Vroue Landbou Vereniging (VLV), Gansbaai-tak, het op 5 November 2024 hul jaarlikse aktiwiteite met ’n suksesvolle “vinger-ontbyt” en skreeusnaakse “Skaterlag-Konsert” afgesluit. Die geleentheid, bygewoon deur meer as 70 gaste, insluitend die eregaste Elbie Fourie, Sirkelpresident van die Overberg Sirkel, en Rinie Ludick, voormalige VLV-voorsitter, is beskryf as ’n groot sukses. Senerita van der Walt, VLV-voorsitter, het groot waardering uitgespreek teenoor die NGK se Gansvryheidsbediening se dames, onder leiding van Elcine Hulme, vir die uitstekende ontbyt en prag-versierde tafels. Die konsert, wat gebaseer was op kinderverhale soos Rooikappie, Sneeuwitjie en Liewe Heksie en meesterlik deur Carien Badenhorst verwerk is, het groot lagtrane ontlok. Dit was ’n geskiedkundige gebeurtenis aangesien die VLV nog nooit met ’n konsert afgesluit het nie. Die dag is verder gekenmerk deur gesellige kuier, die oorhandiging van trofeë aan kompetisiewenners en interne toekennings. Volgens Senerita het die VLV hierdie jaar groot gemeenskapsfokus getoon deur projekte soos die oorhandiging van leesboekies aan kleuterskole, donasies aan die Tuinbouklub en BARC, en die skenking van mussies aan die bemanning van sewe pelagiese vissersbote. Met 67 lede het die tak ’n aktiewe en suksesvolle jaar beleef, nadat hulle verlede jaar hul 70ste bestaansjaar gevier het. Senerita het met trots genoem dat Gansbaai VLV tans die tweede grootste tak in die Kaap is, met die doelwit om die grootste te word.

Hardus Botha

VLV sluit 2024 met ‘Skaterlag’ af

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Newsletter #5 Now Available - April 2026

Newsletter #5 Now Available - April 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #5 is out now!

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

At Koekeloer Gift Shop in Gansbaai, we’ve just restocked with beautiful treasures straight from Bali.

Stop Comparing Yourself to Others

Stop Comparing Yourself to Others

We’ve learned to measure ourselves…

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Feelgood Friday update from Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Hands That Paint, Hearts That Build

Hands That Paint, Hearts That Build

Last week was a truly special week in the Beverly Hills community.

Sunshine Nation
See All Articles