Blog

Houtwerkgilde Sluit Jaar Af

Houtwerkgilde Sluit Jaar Af

Gans-Berg Nuus / News

Houtwerkgilde Sluit Jaar Af

Overberg Houtwerkgilde het hulle beitels en alle toerusting wat daarmee gepaard gaan, op Vrydag, 15 November 2024 neergelê - dit was hierdie aktiewe houtwerkgilde se Jaareindfunksie in die NGK se Kleinsaal. 

“Ons het terselfdertyd erkenning gegee aan vier van ons lede wat reeds die ouderdom van 80 bereik het,” vertel De Wet Conradie, Sekretaris van die gilde. “Ons het ook ons spesiale waardering aan Hennie Prinsloo oorgedra vir die maandelikse gebruik van sy besigheidsperseel, Progress Design, vir ons byeenkomste, asook vir sy kennis wat hy met ons deel.” 

Van die 4 lede ouer as 80 waarna De Wet verwys het, is drie reeds vir die afgelope 19 jaar lede van die gilde: Gerald Henrici (81), Herman Taljaard (82) en Roger Voigt (83). Die 4de een is Con van Eyssen (80), ‘n lid vir die afgelope 15 jaar. Die Overberg Houtwerkgilde het vroeër vanjaar hulle 30ste bestaansjaar gevier.
 
Dirk Staal, voorsitter van die Overberg Houtwerkgilde en sy eggenote, Marie, het die geskenke wat uitgedeel moes word, hanteer en uitgeruil. Die groep ‘houtwerkers’ het ‘n gesellige afsluitingsfunksie saam met hulle gades geniet, terwyl die gereedskap en masjienerie tot volgende jaar weggebêre is.

Hardus Botha

Houtwerkgilde Sluit Jaar Af

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles