Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

Gans-Berg Nuus / News

image left

 

Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

‘n Man, met 46 onwettige perlemoene in sy besit, is Sondagaand, 24 November 2024 naby Middelkusweg, Perlemoenbaai deur Gansbaai SAPD-lede gearresteer. Lt.Kol Janse van Rensburg van Gansbaai SAPD het bevestig dat die man op Maandag, 25 November 2024 in die Hermanushof verskyn het vir die besit van onwettige perlemoen.

Die verdagte is deur Perlemoenbaai Buurtwag se moniteringstelsel opgetel as ‘n ‘ronddwaler’, min wetende dat hy in die besit van perlemoen was. Die primêre doel van buurtwagte is die bekamping van misdaad in die woonbuurte en hulle fokus op onbekende ‘ronddwalers’ in die woonbuurtes, met groot suksesse. Hulle fokus dus nie persy op perlemoensmokkelaars nie en wil ook nie daarby betrokke raak nie, het die Gans-Berg Nuus verneem. Die man wat gearresteer is, is dus aanvanklik bloot gesien as ‘n ‘ronddwaler’ wat nie daar gehoort het nie, die feit dat hy onwetige perlemoen in sy besit gehad het, was dus blote toeval.

Die volgende bedankings is op die buurtwag se groep vermeld: Gansbaai SAPD, Core- en Eagle Sekuriteitsdienste, Wetstoepassers, Computer Hut en die buurtwag se patrolliemanne - almal wat ‘n groot bydrae tot die beveiliging van Perlemoenbaai lewer.

Hardus Botha

Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles