Blog

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

Gans-Berg Nuus / News

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens. Gansbaai Marine borg weer die koste van die beplanning en uitvoering van hierdie 61ste jaarlikse Vissermansdankdiens, met erkenning vir die rol wat Gansbaai Pelagies in die vang van pelagiese vis speel, asook die lewering daarvan aan die fabriek vir verwerking in verskeie produkte.

Die afgelope jaar was ‘n baie moeilike jaar vir ons vissermanne. Die weer was uitdagend en die laaste goeie vangste was rondom April vanjaar en dit raak ook ons lyn- en rotsvissers. Maar deur die vet en die maer jare, het die vissersbedryf van Gansbaai biddend en dankend volgehou. 

Nou maak ons weer so - om dankie te sê vir die jaar wat verby is. Ons plaaslike kerke word, soos in die verlede, gevra om voor te vat en ons vissersgemeenskap byeen te roep. Almal wat geraak word, elkeen wat belangstel, of wil ondersteun, is baie welkom. Wat vanjaar bykom met die dankdiens, is die herinweiding van die kennisgewingbord met die vuurtoring- en kruislogo, met die bekende inskripsie: 

“HAWE VAN GOD SE GENADE”.

Die DOGS of WAR Motorfietsgroep is verantwoordelik vir die borg-, ontwerp- en opsit daarvan.

Besonderhede:

Plek - Gansbaai Hawe, voor Boathouse Restaurant. 

Hekke open om 16:OO.

Gratis biljette beskikbaar vanaf 17:OO. Ontmoeting by hernude Logobord om 18:30.

Saamtrek voor boothuis met Gansbaai Lions wat plekke aanwys. 

Samesang - 18:45.

Diens - 19:OO.

Afrikaanse prediker: Past Paul J van Rensburg.

Engelse prediker: Rev Davene Vermeulen.

130 stoele word deur Lede in Christus verskaf, maar bring aub stoele saam vir gebruik agterop-, langs-, of voor u voertuig - daar is gewoonlik ‘n tekort aan stoele. Sit gerus ook in u voertuig. 

Laat gasvryheid ons leuse wees.

NOTA: 

In geval van stormweer, verskuif die diens na ons AGS Lofsentrum, Mullerstraat, 20, Gansbaai. 

OUR SERVICE OF DEDICATION WILL TAKE PLACE ON 12 JANUARY 2025, 18:30 FOR 19:00. DETAIL TO FOLLOW.

Enquiries:

Floors Avenant - 082 820 8966

Norman Sauls - 066 028 3702
 

15 Desember 2024: Vissermansdankdiens

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

A Special Welcome Home

A Special Welcome Home

Our parting moment this week is a quiet video of Sakhe’s mom welcoming him home, full of love and pride.

Grootbos Foundation
Gansbaai Glimlag! Mural #15 is Here!

Gansbaai Glimlag! Mural #15 is Here!

Fabulous Friday indeed!

RUGBY- EN NETBALNUUS

RUGBY- EN NETBALNUUS

Op Donderdag, 15 Mei het die Gansies na Klein Ovies in Caledon gereis vir ‘n dag vol opwinding en spanbou!

Laerskool Gansbaai
Codependency Is Not Love

Codependency Is Not Love

You give, and give, and give… hoping that one day, it will be enough.

How to Support Local Businesses in the Quiet Season

How to Support Local Businesses in the Quiet Season

It feels like yesterday we were rushed off our feet at work, queuing at packed grocery stores...

Xplorio Headquarters
Gans-Berg Newspaper - 16 May 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 16 May 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 16 May 2025!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles