Blog

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Gans-Berg Nuus / News

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1 van Jeanette Roux in Uilenkraalsmond - dit sal deur en deur die moeite werd wees en nader aan ‘n ‘Wit Kersfees’ as dít, kan mens nie kom nie.

Jeanette het buitengewone moeite met haar beplanning en voorbereiding gedoen. Die meeste van wat te sien is, het sy self vervaardig, maar op kleinskaal volgens die werklike beelde, geboue en besienswaardighede in Holland. Dan het sy ook heelparty items self in Holland gaan haal en hierheen gebring, selfs sneeu - van busse, motors, trokke, huise en, noem maar op, alles is volgens skaal vervaardig.

Foto’s kan nie Jeanette se ‘Lighuis’ in Uilenkraalsmond beskryf nie, ‘n persoonlike besoek is noodsaaklik - “mens raak skoon verlore om alles te besigtig,” het iemand gesê. Sy het ook self haar Kersboom gemaak en daar is onder ander ‘n houtvervaardigde slee met ‘n Kersvader waar foto’s teen ‘n donasie van R5 geneem kan word - en vergeet nie van die kompleet sneeu-ysskaatsbaan nie!

Vir ‘n ‘Wit Kersfees’ soos nog nooit gesien nie, gaan kyk gerus na Jeanette se ‘Lighuis’.

Hardus Botha

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles