Blog

Overberg Posduif Unie

Overberg Posduif Unie

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Posduif Unie

Louis kraai ook hier koning

Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie. Net soos tydens die Gansbaai Posduifklub se prysuitdelingsfunksie (Gans-Berg Nuus, 22 November 2024), het Louis ook tydens die Overberg Posduif Unie se prysuitdelingsfunksie op Saterdagaand, 30 November 2024 koning gekraai en met die grootste deel van die trofeë huiswaarts gekeer.

Willie Marais, voorsitter van Gansbaai Posduifklub, asook van Overberg Posduif Unie, het die verwelkoming hanteer. “Dit is ‘n groot jammerte dat so min mense vir hierdie pragtige funksie opgedaag het,” het hy gesê. ‘n Pragtige en gesellige funksie is gereël, met ‘steak’ vanuit die boonste rakke. Willie het Norman (Jnr) Stevens, wedstrydsekretaris, aan die woord gestel vir die uitlees van die wenners se name, met Jeanie Grobler wat die sertifikate en trofeë oorhandig het.

Louis Groenewald kon net sowel voor bly staan het: 1ste Algeheel 2024 Kampioen; Jong duif; Ope duif; Kortpad - Jong duif, Ope duif en Algeheel; Middelpad - Jong duif en Algeheel; 6 x Wedvlugte. Nog Gansbaaiers wat uitgeblink het, is Japie Swart van J & J Swart, Charl Kruger van C & R Kruger, Careen Fourie van Fourie Lofts en Germishuys Hokke.

Die Top 10 in die Overberg Posduif Unie, waarvan die helfte (5) Gansbaaiers is, is: 1ste Louis Groenewald (Gansbaai); 2de J & J Swart (Gansbaai); 3de Germishuys Hokke (Gansbaai); 4de W & M Smith; 5de B Groenewald; 6de G Daniels; 7de J Ricket; 8ste A Little; 9de Fourie Lofts (Gansbaai); 10de C & R Kruger (Gansbaai).

Hardus Botha

Overberg Posduif Unie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles