Blog

Overstrand Medical Centre

Overstrand Medical Centre

Gans-Berg Nuus / News

Overstrand Medical Centre

‘Geen rede tot kommer’

Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang. Daar bestaan geen twyfel dat Dr Pierre Nel se vingers steeds op die ‘polse’ van die bou-bedrywighede is nie, saam met die boukontrakteur, Fanie Theron en ander professionele betrokkenes. Ry mens Gansbaai met die R43 binne, kan daar verkeerdelik gedink word dat nie veel vordering gemaak word nie - draai gerus in en bekyk die bouwerk van naderby om tot ander insigte te kom. In aggenome enkele onvoorsiene struikelblokke sedert die begin van die projek, kan die span tevrede voel met die resultate wat tot dusver bereik is. Ongelukkig sluit die boukontrakteurs eersdaags, met bouwerk wat eers in Januarie 2025 weer kan aangaan.

Met verwysing na opmerkings op sosiale media, het Pierre gesê almal kan nie tevrede gestel word nie. “Tans is dit belangriker om fokus te behou en ‘n sukses van die projek te maak.” Die hospitaal word volgens bepaalde voorskrifte deur die Departement van Gesondheid gebou. Een van die kernvrae wat gevra word, is die kwessie van pasiënte sonder ‘n mediese fonds. “Samesprekings word tans met die Departement van Gesondheid gevoer en sodra daar groter duidelikheid is, sal die prosedures bekendgemaak word,” het Pierre gesê. 

Gans-Berg Nuus se joernalis is tydens ‘n eksklusiewe onderhoud met Pierre op ‘n ‘toer’ deur die volledige geboue-kompleks (2 000 vk meter!) geneem - iets wat as ‘n ‘eye-opener’ beskou kan word. Pierre het, met die hospitaalplanne in sy hande, gesê: “Kom, ek gaan wys jou wat is agter die skerms aan die gang.” So gemaak, so gedaan...en daar was te veel inligting om in te neem en op papier weer te gee - duidelik is die bou van ‘n hospitaal geen grap nie!

Die gebou

Voor by die ingang, waar die effens gekoepelde dak reeds opgerig is, is die instap-gedeelte (walk-ins) na die 24-uur Noodeenheid vir minder ernstige pasiënte. Effens na die linkerkant is die ingang vir ambulanse met meer ernstige gevalle, met ‘n pad vir ambulanse reg rondom die gebou. Dan is daar twee spreekkamers, ‘n stabiliserings-kamer vir ernstige gevalle en ‘n prosedure-kamer vir pasiënte wat chirurgiese behandeling benodig. Dit word ook as ‘n ‘red-‘n-lewe’ kamer beskryf, met ‘n suster en ʼn dokter wat aan diens is.

Die twee teaters, met alle ondersteunende fasiliteite, volg daarna, asook die onderskeie sale en radiologie-afdeling. “Ons het voldoende spasie gelaat om nog twee teaters met gemak te kan aanbou, sou toekomstige behoeftes dit vereis,” het Pierre gesê. Dan volg die verskeidenheid van kamers, sale en gange wat tot by vensterbankhoogte gebou is. Dit is met relevante en insiggewende verduidelikings deur Pierre gedoen, maar dit voel steeds byna soos om in ‘n doolhoof in te stap!

Die terrein

Aan die agterkant van die gebou en naby die R43, wag nog ‘n groot taak vir die span. Die area vorm bykans ‘n ‘dam’ en voorsiening vir stormwater sal eers gemaak moet word. Die bokant sal dan vir ‘n mooi water- en tuinversieringsarea benut word om ‘n rustige atmosfeer te skep. Onder Radiologie word ‘n ondergrondse motorparkering vir personeel beplan. “Ons beplan ook binnenshuise tuine om dit nie soos ‘n ‘koue’ hospitaal te laat voel nie, maar eerder soos ‘n vakansie - maar wel met hoogs professionele gesondheidsdienste,” het Pierre gesê.

Op Maandag, 2 Desember 2024, is daar met die omheining van die hospitaalperseel begin. Goeie nuus vir die gemeenskap is dat ‘n Opedag (Open Day) gedurende Februarie/Maart 2025 beplan word. Begeleide toere sal dan vir besigtiging van die hospitaalgebou aangebied word, wat die gemeenskap ‘n behoorlike idee van die 24-uur Noodeenheid, asook van die hospitaal in geheel, sal gee.

Die pad vorentoe

Met die oog op die opening van Overstrand Medical Centre in 2025, is ‘n advertensie deur die hospitaalbestuur in hierdie uitgawe van die Gans-Berg Nuus vir vakante poste geplaas. Sien die advertensie vir spesifieke vakante poste waarvoor nou reeds aansoek gedoen kan word - sluitingsdatum is 31 Desember 2024.

Die 20-bed hospitaal en Noodeenheid vorm deel van die Overstrand se gesondheids-ekosisteem en die bedoeling is om meer toeganklike dienste aan die Groter Gansbaai se gemeenskap te lewer. Die gemeenskap van Groter Gansbaai, wat al soveel jare na ‘n eie hospitaal uitsien, kan gerus voel - die bouery vorder baie beter as wat dit dalk mag voorkom. Min mense het begrip vir die enorme hoeveelheid ‘red tape’, beplanning, aanpassings weens bepaalde omstandighede, wetgewing en baie meer wat agter die skerms plaasvind.

Hardus Botha

Overstrand Medical Centre

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Aristea Spiralis - A Blue Gem in the Fynbos

Aristea Spiralis - A Blue Gem in the Fynbos

Feast your eyes on these beautiful spears of blue in the fynbos - Aristea spiralis!

Grootbos Foundation
Natural Relief for Aches and Pains

Natural Relief for Aches and Pains

A gentle, effective way to find relief and support your body’s natural healing process.

Residents Embrace Free Tech Training via Mobile eCentre Bus

Residents Embrace Free Tech Training via Mobile eCentre Bus

Well done to all residents for taking advantage of this opportunity to improve their digital skills. 

Overstrand Tourism Diary: 12 - 16 November 2025

Overstrand Tourism Diary: 12 - 16 November 2025

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops...

Gansbaai Tourism
Gansbaai Bo Kaap Project Launched

Gansbaai Bo Kaap Project Launched

Exciting news! Our Gansbaai “Bo Kaap” project on the main road has officially started!

White Shark Projects Dive Review

White Shark Projects Dive Review

Some experiences just stick with you, and this dive with White Shark Projects is one of them.

White Shark Projects
See All Articles