Blog

Vissermans Dankdiens

Vissermans Dankdiens

Gans-Berg Nuus / News

Vissermans Dankdiens

herinwyding van historiese naambord

‘Hawe van God se Genade’

Die herinwyding van die historiese naambord in Gansbaai hawe, ‘Hawe van God se Genade’, met die vuurtoring- en kruislogo, was die ideale voorloper vir vanjaar se Vissermans Dankdiens op Sondag, 15 Desember 2024. Dogs of War, Gansbaai se motorfietsers met die omgee-harte, het die ‘nuwe’ naambord se ontwerp en opsit geborg - splinternuut. Die motorfietsers het met hul kenmerkende gedreun die hawe stadig binnegery - byna soos vir ‘n plegtige gebeurtenis, wat dit inderdaad was. 

Peter Mannie Groenewald, afgetrede skipper van die Pelagiese Vissersboot, Wafra van Boetie (Oubol) Wessels en sy eggenote, Marinda, het die eer gehad om die onthulling waar te neem, wat onder groot applous gedoen is - met groot waardering teenoor die Dogs of War.

Die Vissermans Dankdiens (1963-2024), jaarliks deur Gansbaai Marine geborg, is met die gebruiklike samesang van verskeie Afrikaanse en Engelse liedere begin, nadat ds Floors Avenant, oorhoofse organiseerder, die gaste welkom geheet het. Die sangbegeleiers was Annetjie Naude, Maríe Avenant, Anthia de Villiers, Verna Fortuin en Ryan Murtz, wat ook die programkoördineerder was. Na afloop van die gesamentlike sang, het Verna op haar eie ‘n lied, Geen Groter Liefde, gesing. Ruben Lennox, bekende Gansbaai-sanger en kitaarspeler, het voor die aanvang van die dienste die lied, Hawe van God se Genade, wat hy self geskryf het, gesing. Die klankman was Gansbaai se bekende Louwtjie de Witt. 

Nadat Norman Sauls die Openingsgebed waargeneem het, is die Afrikaanse en Engelse Evangelie-boodskappe onderskeidelik deur Past Paul J van Rensburg en Rev Davene Vermeulen gebring - altwee het die klem op ‘Dankbaarheid’, met lof en eer teenoor God, geplaas - The joy of our Lord is our strength! 

Ds Dirk van Dyk het die voorbidding vir die Vissermanne gedoen en hulle gevra om te staan - dit was ‘n dankgebed, spesiaal vir hulle, met die fokus op: “Niks kan my skei van die Liefde van God nie.” Daarna is die pragtige en bekende “Oorwinningslied” staande deur almal gesing, met past Paul J van Rensburg wat die suksesvolle byeenkoms met die Seëngroet afgesluit het. Die byeenkoms is goed bygewoon, maar die dreigende weer gedurende die dag het wel ‘n invloed op die bywoning gehad. Tog het die weer pragtig uitgedraai, met ds Floors Avenant wat ‘n pluimpie vir sy harde organiseringswerk verdien. Kennis kan nou reeds geneem word van die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens op 12 Januarie 2025 wat ook in Gansbaai hawe aangebied gaan word. Hou die Gans-Berg Nuus dop vir volledige inligting.

En wat sou ‘n Vissermansdiens dan nou wees sonder Oom (Pastoor) Frikkie Zeelie se lekkergoed vir die kinders? Frikkie was weer ‘aan diens’ met die lekkers, maar daar kan gemeld word dat baie van die ontvangers ‘kinders diep in hul jare’ was!

Hardus Botha

Vissermans Dankdiens

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
Global Chess Stars Spark Inspiration for Local Learners

Global Chess Stars Spark Inspiration for Local Learners

Our most surprising update comes from a board game that has reinvented itself as a global sport - freestyle chess!

Grootbos Foundation
Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

The natural beauty of Pearly Beach is shining brighter than ever as we welcome the festive season. 

Join us this Festive Season at Die Wielhuis

Join us this Festive Season at Die Wielhuis

Come visit us this December!

Die Wielhuis
See All Articles