Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

Gans-Berg Nuus / News

Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

“Ons agter-agterkleinkind het die Somer vir ons in Franskraal aangekondig terwyl sy opgewonde op pad see toe was met haar grafie en emmertjie,” het Lambert (Smittie) Smith van Franskraal laat weet. Smittie en sy eggenote, Yvonne, is jarelange inwoners van Franskraal. Die agter-agterkleinkind waarna verwys word, is Milah Bester (amper-2) en die foto van haar op die houtbruggie vertel presies waarom haar groot-grootouers so gesê het.

Milah se ma en pa is Tania (Bester) en Muneeb Galant, en Tania se ouers is Francois en Letitia Bester, met die Smith-egpaar van Franskraal as Milah se groot-grootouers. “Oom Smittie en Tannie Yvonne se huis was een van die eerste huise in hulle straat, toe hulle 30 jaar gelede in Franskraal laat bou het,” vertel Tania. “Hulle het sak en pas Franskraal toe getrek en is vandag een van die trotste inwoners daar.” Tania sê dit beteken dat sy Franskraal en die dorp sien groei het tot waar dit vandag is. “Ons was elke vakansie, en sommer naweke tussen-in, by die see.” Sy is selfs op haar dag as Mej Uilenkraal en Mej Pearly Beach gekroon, terwyl sy ook as Mej Kreefie by Laerskool Gansbaai gekroon is.

“Toe ons nou onlangs weer daar was, wou my ouma net weet of ons die Kerk ondersteun het, met my oupa wat waarsku dat ek versigtig moet ry en die verkeersreëls moet nakom, aangesien Gansbaai se ‘Spietkops’ hulle werk behoorlik doen,” het Tania gesê. Sy vertel ook dat ‘n groot rustigheid haar oorval het toe hulle Franskraal binne ry en sy het sommer weer tuis gevoel - “ek was maar 2 jaar oud toe ons in Franskraal begin vakansie hou het en nou is ek met my eie, amper 2-jarige kind, hier, asook my ander kind, Kiyan,” vertel sy. “Dit voel vir my soos ‘n vol-sirkel wat ek voltooi het om te kan sien hoe my kinders die dorpie net so geniet soos ek dit as kind geniet het.”

“Die dorp is gevul met soveel liefde en omgee en loop oor van vriendelike mense,” sluit Tania haar gesprek met die Gans-Berg Nuus af. “Dankie aan die mense soos my ouma en oupa, wat met trots sê hulle woon in Franskraal, Gansbaai en wat altyd met soveel opgewondenheid vertel oor die dinge wat in die dorp gebeur.”

Image 1
Millah Smith ‘kondig’ die Somer aan op pad see toe.
Image 2
Tania Bester (mamma) saam met Millah en Kiyan.
Image 3
Oupa Lambert en Ouma Yvonne Smith.

Hardus Botha

Agter-agterkleinkind ‘kondig’ somer aan

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles