Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Die kosbare kleinnood, ‘Uit die Beek’, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek, se 100ste uitgawe (2025) het pas verskyn en is reeds beskikbaar. “Beek” is die Nederlandse uitdrukking vir “klein stroompie”. Gansbaai is bevoorreg dat emerituspredikant en befaamde skrywer, dr Barend Vos van Pearly Beach, die skrywer van “Uit die Beek’ vir die afgelope 8 jaar was. Barend het nou die ‘aflosstokkie’ aan prof Stephan Joubert van die Universiteit van Pretoria oorgegee, wat voortaan die skryf en samestelling van ‘Uit die Beek’ sal hanteer.

Ontstaansgeskiedenis:

Sedert 1903 was ds Attie van Wijk van Wellington met ’n almanak wat Skrifgedeeltes vir soggens en saans bevat het om Christene te help om deur die hele Bybel te lees, gemoeid. In 1924 het hy besluit om ’n kort Skrifverklaring, bykomend tot die voorgeskrewe dagstukkies, as proefneming uit te gee. Dit is in 1925 en 1926 onder die titel “Overdenkingen” voltooi. In 1927 is die naam na “Uit de Beek” verander - na aanleiding van die ou Nederlandse vertaling van Psalm 110:7: “Hij zal op den weg uit de beek drinken”.

Met die groeiende aanvraag is die 1929-uitgawe vir die eerste keer in Afrikaans as “Uit die Beek” uitgegee, en so het ‘n familietradisie van 75 jaar ontstaan, met die betrokkenheid van die Van Wijk’s (drie Atties en ‘n Hannes) by “Uit die Beek”. Teen 1933 het die aanvraag tot 42 000 uitgawes gegroei. Ds van Wijk (sr) sou uiteindelik meer as 40 jaar by die skryf daarvan betrokke wees, tot kort voor sy dood in 1966 op 94-jarige leeftyd. Simptome van Parkinson se siekte het veroorsaak dat hy later met ‘n houtpen in altwee hande letter vir letter op ‘n tikmasjien getik het! Etlike suksesvolle jare het verloop en met sy aftrede is ds Attie van Wijk (kleinseun) gevra om die Van Wijk’s se familietradisie voort te sit - hy het dit vir die daaropvolgende 10 jaar gedoen.

Dr Barend Vos:

Barend was vir meer as 30 jaar predikant in die Noord-Kaap. Aan die einde van 2018 het hy en sy eggenote, Retha, so stil-stil permanent na Pearly Beach verhuis - hulle woon in hul vakansiehuis wat hulle sedert 1987 besit. ‘n Baie groot verskeidenheid van boeke het uit sy pen die lig gesien. Toekennings: 2002 - die CBSA-prys; 2003 - die TM-prys; 2015 - ’n ATKV-Mediaveertjie; 2016 - die Andrew Murray-prys. Barend sê hy het tot nege maande elke jaar aan “Uit die Beek” geskryf - vanaf 2018 tot aanstaande jaar se 2025-uitgawe. “Jy gee baie van jou eie menswees - jou hart, jou siel en al jou krag daarvoor,” het hy die Gans-Berg Nuus meegedeel. Barend beplan beslis nie om nou agteroor te gaan sit nie, allermins! Behalwe vir skryf wanneer hy tyd kry, gaan hy voortaan voltyds op redigering fokus, ‘n taak waarmee hy reeds jare mee besig is.

Hardus Botha

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Newsletter #5 Now Available - April 2026

Newsletter #5 Now Available - April 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #5 is out now!

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

At Koekeloer Gift Shop in Gansbaai, we’ve just restocked with beautiful treasures straight from Bali.

Stop Comparing Yourself to Others

Stop Comparing Yourself to Others

We’ve learned to measure ourselves…

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Feelgood Friday update from Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Hands That Paint, Hearts That Build

Hands That Paint, Hearts That Build

Last week was a truly special week in the Beverly Hills community.

Sunshine Nation
See All Articles