Blog

HaS-bederfies kort voor Kersfees

HaS-bederfies kort voor Kersfees

Gans-Berg Nuus / News

HaS-bederfies kort voor Kersfees

Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) is behoorlik bederf so kort voor Kersfees - ‘n Spitbraai, ‘n Kersete en die jaarlikse ‘Skoendoos-projek’ (Santa Box) van Marie de Jager vir die afgelope sowat 6 jaar. “Vanjaar was daar sowat 64 skoendose en ons het ook in die Siekeboeg gaan uitdeel,” het Marie gesê. Die skoendose word met allerlei nuttige geskenkies, toiletware, lekkerruikdingetjies en dies meer gevul. 

Kersvader het ‘persoonlik’ die skoendose kom aflaai. Gans-Berg Nuus het vertroulik verneem dat emiritus predikant, Franna Herselman, Kersvader was....Oeps!....O’griet!....Sy naam was nie veronderstel om uitgelap te word nie - nou gaan HaS se inwoners dalk nie meer aan Kersvader glo nie! “So baie dankie uit my hart uit aan almal wat gehelp het, veral die Bietoubos-dames, VLV-dames en die Goue Hande - altyd JA, nooit nee nie!”

Tussendeur was daar koor- en gesamentlike sang onder leiding van Aletta Löchner, voormalige koorafrigter by van die geleenthede, asook Tony Haultzhausen met sy trompetgeskal - met inwoners wat uit volle bors saamgesing het. Die jaarlikse Kersete deur die Goue Hande is eweneens ‘n jaarlikse hoogtepunt en vanjaar is die inwoners ook met ‘n Spitbraai verras! 

Hardus Botha

HaS-bederfies kort voor Kersfees

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Newsletter #5 Now Available - April 2026

Newsletter #5 Now Available - April 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #5 is out now!

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

At Koekeloer Gift Shop in Gansbaai, we’ve just restocked with beautiful treasures straight from Bali.

Stop Comparing Yourself to Others

Stop Comparing Yourself to Others

We’ve learned to measure ourselves…

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Feelgood Friday update from Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Hands That Paint, Hearts That Build

Hands That Paint, Hearts That Build

Last week was a truly special week in the Beverly Hills community.

Sunshine Nation
See All Articles