Gedenkboek Gered

Gedenkboek Gered

Gansbaai Courant

Voor: Rdhr Pieter Scholtz (voorsitter). Agter vlnr: Komiteelede*: Ben Gericke*, Francois de Jongh*, Kat Myburgh*, Jan en SD Fourie (skrywers), Herman Fourie*, Glenda Kitley*, Johan Coetzee* (Uitgewer Naledi)

Geskiedenis is Maandagmiddag gemaak toe die Gedenkboek-komitee, die skrywers en die borge die ooreenkoms onderteken het wat die gedenkboek ‘n werklikheid sal maak. 

Die skrywers is nou kontraktueel verbind om die boek binne twee jaar te skryf. Die geleentheid is moontlik gemaak toe die borge van die eerste deel van die kontrak ‘n skenking sowel as ‘n rentevrye lening gemaak het. Die borge wil nie enige media blootstelling hê nie. Ander skenkers en leners van kleiner bedrae sal later, waar hulle so aandui, erkenning ontvang.

‘n Artikel 21 maatskappy word gestig en die naam daarvan is reeds gereserveer by "The Companies and Intellectual Property Commission of South Africa" in Pretoria gereserveer.

Die geskiedenis van Gansbaai en sy mense is nou vir die nageslag gered. Dit nadat die gedenkboekkomitee, reeds sedert 2010 pogings aangewend het om die gemeenskap betrokke te kry.

Gedurende 2009 is die behoefte bepaal en is dit aan die wykskomitee van wyk 1 en 2 vir bespreking voorgelê. Die komitee besluit om SD Fourie, ‘n befaamde skrywer wat plaaslik woonagtig is en wat oor ‘n magdom materiaal beskik, te nader vir die skryf van die boek.

SD Fourie is die skrywer van Die Lanternswaaier en bekroonde dramaturg van verskeie hoorspele. Die Lanterswaaier word tans in Nederlands vertaal en deur Mozaïek Uitgewers (Nederland)  uitgegee en versprei.  SD het onlangs haar tweede roman, Die Dooies Leef, voltooi en is reeds deur Naledi aanvaar.  Die roman verskyn later vanjaar.

Jan Fourie is 'n bekende kontreiskrywer en daar het reeds verskeie boeke uit sy pen verskyn.  Jan en SD is ook medeskrywers van 'n paar baie suksesvolle kontrei-bundels.

Op 7 Mei 2010 is die projek in die Gansbaai Courant bekendgestel en in die berig is die volgende oa. gesê: ”Van meet af aan heers daar ‘n groot opgewondenheid  en die verwagting is dat die uitdagings  die hoof gebied sal kan word aangesien daar ‘n bewese  aanvraag is vir so ‘n gedenkbundel”. 

Op 13 Mei 2010 is ‘n openbare byeenkoms in die konferensiesaal van die Toerismekantoor gehou sodat die gemeenskap insette kan lewer.

Op 15 Julie 2010 verskyn daar ‘n berig in die Burger oor die projek en wat dit behels.

Op 6 Augustus 2010 verskyn ‘n berig in die Gansbaai Courant waar SD oa. die volgende aanhaal: “ ….As karakters soos hoofspelers in ‘n drama by my kom aanmeld, groet ek met weemoed, maar met ontsaglike agting vir die mense wat kleur aan my lewe, en ook aan die groei van ‘n gemeenskap gegee het. Hulle het letterlik die geskiedenis van die dorp geskryf, beleef en verantwoord. Salueer ek mense wat , lank voor ons tyd, die bult vanaf  die ou hawe na die nuwe dorp uitgesteier het met emmers water om hul huise te bou, diegene wat baklei het vir ‘n skool, die stigting van ‘n dorpsraad en nagte om beplan het aan die stigting van ‘n viskoöperasie. Lees ek name raak soos die Bokkies, die van Dyks, Groenewalds, Germishuyse, Moolmans,  Swarts en nog vele meer”.

Op  3 November 2010 is die projek weer tydens ‘n snoek en patatbraai, wat deur die komitee gereël is, bekendgestel. Tydens die geleentheid ontvang die komitee enkel skenkings.

Sedert 2010 is verskeie berigte in die Courant geplaas oor die projek en lede van die gemeenskap is versoek om by te dra by wyse van ‘n bestelling van ‘n kopie, ‘n skenking, ‘n bemaking of ‘n rentevrye lening.

‘n Bedrag van ongeveer R45000 is ingesamel. Daarna is verskillende vooraanstaande lede van die gemeenskap ook genader vir ‘n rentevrye lening.

Die gedenkboekkomitee het op Maandag 10 Februarie 2014  vergader oor die pad vorentoe. Ná ‘n lang bespreking is besluit dat, indien die komitee nie teen die einde van daardie week voldoende fondse kan bekom nie, die projek gestaak word. Dit sou onbillik wees om van ‘n skrywer te verwag om jaar na jaar material te versamel en tyd in te ruim vir iets wat nie realiseer nie.

Die fondse wat reeds ingesamel is, sou aan die skenkers/bestellers teen die einde van die maand terugbetaal word. Dit was gelukkig nie nodig nie, aangesien ruim skenkings en lenings in daardie week ontvang is.

"Ons wil graag diegene wat in die projek geglo het, hartlik bedank vir hul visie en bydraes. Julle het ons ‘n tree nader gebring aan ons droom om die kleurryke geskiedenis van hierdie omgewing aan ons nageslag na te laat," het die komitee se voorsitter, Pieter Sholtz gesê.

SD het Maandag beklemtoon dat die gemeenskap steeds inhoudsbydraes met inligting en foto's kan lewer. "Dit is ΄n dorpsboek en almal wat ΄n bydrae kan maak moet betrek word," het sy gesê.

Persone wat steeds ‘n bydrae in die vorm van ‘n rentevrye lening of ‘n skenking wil maak, kan navraag doen by:

Glenda Kitley, Toerisme bestuurder,  tel.-nr. 072 291 5564 of 028 384 1439

Gedenkboek Gered

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles