Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Gans-Berg Nuus / News

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskapslede

-Ons, Dries en Cecilia, wil graag ons hartlike dank uitspreek aan almal wat bygedra het tot die sukses van die Franskraal Kunsroete Paasfees 2025-geleentheid wat van 18 tot 21 April 2025 gehou is.

-Ons bedank die talentvolle kunstenaars wat hul ateljees geopen het en hul kreatiwiteit en passie met ons gemeenskap gedeel het.  Jul deelname het hierdie 'n hoogaangeskrewe en werklik 'n spesiale unieke geleentheid gemaak.

-'n Spesiale dankie aan Dr./Prof.  Daniel Louw vir sy opbouende en inspirerende boodskap en dat hy die tyd geneem het om by ons te wees.

-Ons waardeer  Overstrand Munisipaliteit se ondersteuning en om die gebruik van hul fasiliteite, insluitend die Eilandhuisie aan ons toe te vertrou.  Hulle deurlopende bystand was vir ons van onskatbare waarde.

-Dankie aan ons Eilandhuisie Gasvroue wat die Eilandhuisie beman het met 'n verwelkomende glimlag en entoesiasme.

-Aan die digters, skrywers, uitgewers, woordkunstenaars en Bonsai-meester wat hul unieke talente ten toon gestel het, betuig ons ons dankbaarheid vir die verryking van die Franskraal Kunsroete-geleentheid met jul kreatiwiteit.

-Ons bedank verder die Franskraal Rolbalklub vir hul beskikbaarheid en ondersteuning.

-Ons waardeer ook die bydraes van grafiese ontwerpers, mediahuise,  drukkerye en buurtwagte, sonder wie hierdie geleentheid nie moontlik sou gewees het nie. 

-Ons is dankbaar vir  lede van die publiek wat dit van heinde en verre bygewoon het en die artistieke gees van Franskraal omarm.  Jul entoesiasme en waardering vir die kunste maak geleenthede soos hierdie werklik onvergeetlik.

-Baie geluk aan al die "Lucky Draw" wenners. 

-Ons opregte dank gaan ook aan die Franskraal Kunsroete Paasfees 2025 komitee en Woordkunskomitee wat onverpoos agter die skerms gewerk het om die geleentheid se sukses te verseker.

-Ons waardeer die ruim bydraes en borgskappe wat ontvang is, wat gehelp het om hierdie geleentheid moontlik te maak.

-Laastens wil ons graag ons waardering uitspreek teenoor die Bestuur van die Franskraalstrand Belastingbetalers- en Inwonersvereniging  vir hul onwrikbare ondersteuning deur hierdie projek. 

-Baie dankie weereens vir julle bydraes, deelname en entoesiasme.

Die uwe,

Dries en Cecilia Dreyer

082 3329 386

dries.dreyer53@gmail.com

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles