Blog

Ons verken Botswana en Namibië - Deel 2

Ons verken Botswana en Namibië - Deel 2

Gans-Berg Nuus / News

Ons verken Botswana en Namibië - Deel 2

Elna Nel se kunstige Dagboek, 'BOT-NAM Avontuur', is 'n bron van uitstekende inligting, maar ook 'n vreugde om deur te werk. In Deel 2 gaan ons gaan voort met die egpare Fanie en Judy Bothma (Toerleiers) van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha se reis deur Botswana en Namibië (8 Mei tot 27 Junie). 

Met Suid-Afrika agter die rug, ry hulle op 13 Mei 2025 Noord na Botswana vir die KAA-hek en na die Name Pan, waar daar geen geriewe of water is nie - maar dit is alles deel van 'n avontuurtoer soos min. Wat opmaak vir die bietjie ongerief, is die pragtige wildernisgebied wat hulle geniet, asook leeus en heelwat wilde diere wat daar voorkom “en dis weer vriesend koud,” skryf Elna. “Ek was 'n blok ys na laasnag se lopery badkamers toe!” “Ons beleef 'n asemrowende sonsopkoms teen die Pan, met 'n ongelooflike uitsig oor die Pan sover as wat die oog kan sien,” skryf Elna. 

Die volgende dag ry hulle op 'n 7km grondpad na Zutshwa en kom by 'KD2 Transit & Camping Permit Station' aan. 

Dan draai die voertuigneuse na Kang, waar hulle by die garage, Kang Pitstop vir sweiswerk aan van die rakke op die voertuie wat losgegaan het. Die volgende oggend verlaat hulle Kalahari Rest en ry tot by Maun waar twee dubbel kamers net buite Maun op hulle wag. Verrassend genoeg, kry hulle winkels soos Spar, Woolworths, Clicks en nog 'n paar ander groot name daar. 

Vroegoggend ry hulle Moremi se 3de Bridge Kampplek binne, met 'n ontspanne ontbyt in Moremi. Voor die South Gate Camp sien hulle troppe rooibokke, zebra's, kameelperde en olifante - 'n groot belewenis! Daarna ry hulle bietjie rond en besoek onder ander Hippo Pool en die Lagoon Viewpoint om die omgewing te besigtig.

Hulle stap ook heerlik by die rivier met die veelbesproke Third Bridge, waarvan die pale al gebreek is - hulle moes maar baie stadig met die 4x4's oor ry. Daarna volg 'n moerasgebied en 2-spoor paadjies. Hier vra Fanie sy strikvraag aan hulle: “Waar loop die Okavango-rivier in die see uit?” - “Nêrens! Dit verdwyn net in die sand!”

Die volgende dag is daar 'n groot trop bobbejane, met kleintjies wat op die balkon en reëlings van die tenthuis langs hulle klouter en speel. Volgende week in Deel 3 reis ons saam met die egpare na Kasane via Chobe Nasionale Park en Savuti en daarna na Kazungula op 21 Mei 2025.

Hardus Botha

Ons verken Botswana en Namibië - Deel 2

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles