Blog

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

Gans-Berg Nuus / News

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

“Ons betree nou 'n nuwe Eisteddfod-era in Hermanus - die Flame Eisteddfod,” vertel Asanti Smit van haar bekende Poco Musica Musiekskool. Asanti het die Gans-Berg Nuus meegedeel dat Overberg Eisteddfod se voorsitter aan die einde van 2023 haar voorsitterskap opgesê het. Jacques van Jaarsveld, self 'n drama-afrigter, het die wiele aan die rol gesit om wel 'n Eisteddfod-geleentheid te skep. Hy het die 1ste Flame Eisteddfod daargestel, wat vanjaar vanaf 28 Julie tot 2 Augustus in Curro Hermanus Hoërskool se saal aangebied is - die Festival of Language, Art, Music & Entertainment - met sowat 500 inskrywings!

Asanti sê daar is enkele sang-solo items, asook die Gr 7 Ensemble Sanggroep en die Junior- en Senior skoolkore van Laerskool Gansbaai wat deur haar afgerig word, waarvan die laerskool inligting en foto's sal publiseer. Hierdie berig bevat dus net die onderskeie kategorieë waarin Asanti se Poco Musica Musiekskool presteer het. (Flame: Diploma - 91-100%; Goud - 81-90%; Silwer - 71-80%; Brons - 60-70%; Deelnemers - 59% en laer)

Congrazia Ballet:

Dans-afdeling (29 Julie 2025) - ConGrazia: Ballet vir Beginners (Junior-groep): Silwer - 77%; ConGrazia: Ballet vir Beginners (Senior-groep): Silwer - 80%; Beoordelaar - Madelaine Coetzee.

Poco Musica Musiekskool:

Sang-afdeling Solo (28 Julie 2025): **Hanro Coetzer - 3 uiteenlopende liedere: Goud 90% (Pié Jesu); Flame Diploma 91% (Painless Opera); Flame Diploma 93% (Whistle Happy Tune); **Liahné Otto - Goud 85%.

Sang-afdeling Duet (28 Julie 2025): **Arielle & Jan-Dawid du Plessis - Silwer 80%. Beoordelaar (sang & koor) - Dr Niel van der Watt.

Musiek-instrumente: Die beoordelaar vir alle musiek-instrument afdelings (2 Augustus 2025) - Andrew John Waugh.

Duette: 6 pare klavierduette: **Silwer - Skye Booysen & Liahné Otto; **Goud - Gretchen Buhr & Ninke Kotze, Hanro Coetzer & Liahné Otto, Nanja Russell & Ané Lourens, Isabelle de Villiers & Liëtte Kotze en Mia de Klerk & Talita Radyn.

Blokfluit duet: **Silwer - Eben & Vera du Plessis.

Ukulele duet: **Silwer - Karli Radyn & Francois Marais.

Solo Items: 

Klavier: **Silwer - Ané Lourens, Liahné Otto, Isabelle de Villiers, David Knoetze, Gretchen Buhr en Hanro Coetzer; **Goud - Liëtte Kotze, Skye Booysen, Ninke Kotze en Dirk Laurie.

Kitaar: **Goud - Stiaan Fourie, Marni Hoon en Neël Groenewald.

Ukulule: **Silwer - Francois Marais.

Blokfluit: **Goud - Eben du Plessis en Vera du Plessis.

Poco Musica Orkes: Goud gekry vir hul “combo” van EineKleineNachtmusic, Phantom Opera, Viva La Vida en The final Countdown - **Francois Marais (ukulele en “snare drum”); **Stiaan Fourie, Marni Hoon en Neël Groenewald (kitare); **Skye Booysen en Hanro Coetzer (keyboard); **Eben & Vera du Plessis (blokfluite); **Liahné Otto (klavier).

Kitaar Ensemble: **Stiaan Fourie, Marni Hoon, Wilhelm Buhr en Neël Groenewald - Silwer vir hul Great Balls of Fire aanbieding.

Die Gans-Berg Nuus wens hierdie talentvolle studente van Asanti Smit baie geluk met hulle onderskeie prestasies. Julle het julself lankal reeds bewys - doen so voort!

Hardus Botha

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles