Blog

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

Gans-Berg Nuus / News

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

“Ons betree nou 'n nuwe Eisteddfod-era in Hermanus - die Flame Eisteddfod,” vertel Asanti Smit van haar bekende Poco Musica Musiekskool. Asanti het die Gans-Berg Nuus meegedeel dat Overberg Eisteddfod se voorsitter aan die einde van 2023 haar voorsitterskap opgesê het. Jacques van Jaarsveld, self 'n drama-afrigter, het die wiele aan die rol gesit om wel 'n Eisteddfod-geleentheid te skep. Hy het die 1ste Flame Eisteddfod daargestel, wat vanjaar vanaf 28 Julie tot 2 Augustus in Curro Hermanus Hoërskool se saal aangebied is - die Festival of Language, Art, Music & Entertainment - met sowat 500 inskrywings!

Asanti sê daar is enkele sang-solo items, asook die Gr 7 Ensemble Sanggroep en die Junior- en Senior skoolkore van Laerskool Gansbaai wat deur haar afgerig word, waarvan die laerskool inligting en foto's sal publiseer. Hierdie berig bevat dus net die onderskeie kategorieë waarin Asanti se Poco Musica Musiekskool presteer het. (Flame: Diploma - 91-100%; Goud - 81-90%; Silwer - 71-80%; Brons - 60-70%; Deelnemers - 59% en laer)

Congrazia Ballet:

Dans-afdeling (29 Julie 2025) - ConGrazia: Ballet vir Beginners (Junior-groep): Silwer - 77%; ConGrazia: Ballet vir Beginners (Senior-groep): Silwer - 80%; Beoordelaar - Madelaine Coetzee.

Poco Musica Musiekskool:

Sang-afdeling Solo (28 Julie 2025): **Hanro Coetzer - 3 uiteenlopende liedere: Goud 90% (Pié Jesu); Flame Diploma 91% (Painless Opera); Flame Diploma 93% (Whistle Happy Tune); **Liahné Otto - Goud 85%.

Sang-afdeling Duet (28 Julie 2025): **Arielle & Jan-Dawid du Plessis - Silwer 80%. Beoordelaar (sang & koor) - Dr Niel van der Watt.

Musiek-instrumente: Die beoordelaar vir alle musiek-instrument afdelings (2 Augustus 2025) - Andrew John Waugh.

Duette: 6 pare klavierduette: **Silwer - Skye Booysen & Liahné Otto; **Goud - Gretchen Buhr & Ninke Kotze, Hanro Coetzer & Liahné Otto, Nanja Russell & Ané Lourens, Isabelle de Villiers & Liëtte Kotze en Mia de Klerk & Talita Radyn.

Blokfluit duet: **Silwer - Eben & Vera du Plessis.

Ukulele duet: **Silwer - Karli Radyn & Francois Marais.

Solo Items: 

Klavier: **Silwer - Ané Lourens, Liahné Otto, Isabelle de Villiers, David Knoetze, Gretchen Buhr en Hanro Coetzer; **Goud - Liëtte Kotze, Skye Booysen, Ninke Kotze en Dirk Laurie.

Kitaar: **Goud - Stiaan Fourie, Marni Hoon en Neël Groenewald.

Ukulule: **Silwer - Francois Marais.

Blokfluit: **Goud - Eben du Plessis en Vera du Plessis.

Poco Musica Orkes: Goud gekry vir hul “combo” van EineKleineNachtmusic, Phantom Opera, Viva La Vida en The final Countdown - **Francois Marais (ukulele en “snare drum”); **Stiaan Fourie, Marni Hoon en Neël Groenewald (kitare); **Skye Booysen en Hanro Coetzer (keyboard); **Eben & Vera du Plessis (blokfluite); **Liahné Otto (klavier).

Kitaar Ensemble: **Stiaan Fourie, Marni Hoon, Wilhelm Buhr en Neël Groenewald - Silwer vir hul Great Balls of Fire aanbieding.

Die Gans-Berg Nuus wens hierdie talentvolle studente van Asanti Smit baie geluk met hulle onderskeie prestasies. Julle het julself lankal reeds bewys - doen so voort!

Hardus Botha

Nuwe Eisteddfod - Flame Eisteddfod

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Our parting shot this week is of the fiscal flycatcher babies that were born a week ago in a nest just outside our office. 

Grootbos Foundation
20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Die graad 3-leerders het Maandag, 1 Desember hul jaarlike afsluitingsfunksie by Groeneweide gehou. 

Laerskool Gansbaai
Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment...

Gansbaai Tourism
See All Articles