Blog

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

Sondag, 02 November 2025 om 09:00, bedien Henry Pike by AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum. Almal is welkom.

Henry en sy vrou, Justine, het mekaar by Hatfield Christian Church Bybelskool ontmoet en is in 2008 getroud.

Hulle is geroep na Kuruman waar hulle drie jaar in ’n gemeente gedien het. Henry was die aanbiddingsleier en Young Adults pastoor en Justine was die Jeugwerker by ’n Laerskool.

In 2011 is hulle deur Gary en Rhona Kieswetter geroep om saam met hulle Die Bron te plant en mede-leiers te wees.

Henry bedien op verskeie radio stasies, televisie, het sy eie radioprogram op Tygerberg 104fm en het ook al verskeie albums vrygestel. 

Hy is ook gereeld betrokke om die aanbidding by It’s Time events te lei.

Sy passie is om mense te bedien met die Woord en musiek, om hulle te motiveer om te groei in hulle verhouding met God en ‘n lewe van totale oorgawe te leef.

Justine, is die NextGEN leier by Die Bron Kerk wat Kinder-, Jeug en Studente bediening insluit. Sy bedien ook by vrouegeleenthede, asook op radio. 

Haar vele passies sluit in, opleiding en kreatiwiteit in Kinder- en Jeugbediening, uitvoerende kunste en enige ander bediening waarby sy betrokke is.

Haar boek ‘Leeg’, wat handel oor God se troos tydens geboorteverlies, is vir baie mense tot seën en het ‘n boekprys bekom. Dit het ook gelei tot ‘n bediening – Lewe na Miskraam, waar sy families help om deur trauma te werk. 

Henry en Justine maak hulle drie dogters groot om in dieselfde passie vir God en mense te leef.

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is ‘n Pinkster gemeente in die middedorp. Die gemeente is daarop gemik om mense in die gemeenskap te help om tot lewensvervulling in Christus Jesus te leef, deur die hulp van die Heilige Gees. Ons missie is om God te verheerlik deur families en individue te bereik en...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Our parting shot this week is of the fiscal flycatcher babies that were born a week ago in a nest just outside our office. 

Grootbos Foundation
20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Die graad 3-leerders het Maandag, 1 Desember hul jaarlike afsluitingsfunksie by Groeneweide gehou. 

Laerskool Gansbaai
Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment...

Gansbaai Tourism
See All Articles