Blog

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

Die Lighuis AGS Gansbaai

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

Sondag, 02 November 2025 om 09:00, bedien Henry Pike by AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum. Almal is welkom.

Henry en sy vrou, Justine, het mekaar by Hatfield Christian Church Bybelskool ontmoet en is in 2008 getroud.

Hulle is geroep na Kuruman waar hulle drie jaar in ’n gemeente gedien het. Henry was die aanbiddingsleier en Young Adults pastoor en Justine was die Jeugwerker by ’n Laerskool.

In 2011 is hulle deur Gary en Rhona Kieswetter geroep om saam met hulle Die Bron te plant en mede-leiers te wees.

Henry bedien op verskeie radio stasies, televisie, het sy eie radioprogram op Tygerberg 104fm en het ook al verskeie albums vrygestel. 

Hy is ook gereeld betrokke om die aanbidding by It’s Time events te lei.

Sy passie is om mense te bedien met die Woord en musiek, om hulle te motiveer om te groei in hulle verhouding met God en ‘n lewe van totale oorgawe te leef.

Justine, is die NextGEN leier by Die Bron Kerk wat Kinder-, Jeug en Studente bediening insluit. Sy bedien ook by vrouegeleenthede, asook op radio. 

Haar vele passies sluit in, opleiding en kreatiwiteit in Kinder- en Jeugbediening, uitvoerende kunste en enige ander bediening waarby sy betrokke is.

Haar boek ‘Leeg’, wat handel oor God se troos tydens geboorteverlies, is vir baie mense tot seën en het ‘n boekprys bekom. Dit het ook gelei tot ‘n bediening – Lewe na Miskraam, waar sy families help om deur trauma te werk. 

Henry en Justine maak hulle drie dogters groot om in dieselfde passie vir God en mense te leef.

Henry Pike bedien by AGS Gansbaai

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum

Die Lighuis AGS Gansbaai is ‘n Pinkster kerk in die middedorp. Die gemeente is daarop gemik om mense te help om tot lewensvervulling in Christus Jesus te leef, deur hulp van die Heilige Gees. Die Lighuis AGS Gansbaai se missie is om God te verheerlik deur families en individue te bereik en te bedi...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles