Blog

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Gans-Berg Nuus / News

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte - soms komies, maar gewaarborg om effektief te wees - opgelewer. Dit was tydens die Kleinbaai See- en Teekring se maandelikse byeenkoms in die Pretoriussaal, met Yvonne Ferreira as gasvrou. Die kring is op 9 Februarie 1989 gestig, sowat 36 jaar gelede.

Na die afhandeling van administratiewe sake deur die voorsitter, Hannelie Kellerman, is die groot groep dames aan die woord gestel met 'n verskeidenheid wenke, boererate en resepte - met die voorwaarde dat dit beproefde en effektiewe resepte moes wees.

Die Gans-Berg Nuus het na 'n paar (daar was baie!) van die kosbare resepte geloer:

**As jy bloed laat trek: Smeer dadelik Vicks op die steekplekkie wanneer jy tuiskom en jou vel sal nie blou word nie; **Vir slegte spysvertering: 1 teelepel suiker, 1 teelepel koeksoda opgelos in 1⅓ koppie lou water, gooi 1 teelepel asyn by en drink - dit was toeka se “Eno's”; **Vir plastiekbakkies wat taai geword het (kan ook vir taaiheid by stowe en storte gebruik word): Meng 60 ml goeie vloeibare opwasmiddel, 250 ml witasyn, 300 ml water en 125 ml suurlemoensap - dit werk; **Wenk vir spierkrampe: Drink 'n klein botteltjie gherkin sap - dit werk amper onmiddellik; **Molle? - rou vis; **Mooi versorging: Sorg dat jy aangetrek is, hare gekam is en lipstiffie aan het - binne 'n uur nadat jy opgestaan het!

Na afloop van die wenke, resepte en boererate wat oor en weer uitgeruil en afgeskryf is, het Yvonne en haar helpers gesorg vir 'n tafel vol heerlike versnaperinge en verleidelike soetgoed wat terdeë geniet is.

Hardus Botha

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles