Tema - Maskers
Ons dra almal maskers.
Party is van lap en rek, maar die meeste is van woorde, daar is glimlagte en goed-voorbereide slagspreuke wat ons gebruik.
Daar is die een wat lag as hy wil huil, die een wat “I am totally fine” sê terwyl sy binnekant skree, of die een wat uiters hard praat sodat niemand die stilte in sy stem en lewe kan hoor nie.
Soms is die masker so dun soos papier en n enkele skewe opmerking, of ’n té vinnige antwoord, of ’n bietjies te veel afkraking kan dit laat skeur, Én tog sien die meeste mense dit nie raak nie, want almal is besig om hulle eie masker reg te trek in die spieël van ander mense se oë.
En partykeer, as die lig net reg val en iemand kyk régtig oplettend, val die masker vir ’n sekonde, net n sekonde.
Dan sien jy die moegheid, die vrees, die insecurity, die alleenheid wat al jare daar sit.
En vir daardie einste sekonde weet hulle albei, ons neem albei deel aan die komedie.
Maar die toneelstuk moet aangaan.
Die ligte moet aan bly.
En ons trek maar weer daardie masker oor ons gesig, want dis veiliger as om kaal gesien te word.











