
GANSIES SKITTER BY DIE CURRO HERMANUS SPRING OPEN SKAAKTOERNOOI!
Van ons Gansies het op Saterdag 31 Oktober aan die Curro Hermanus Spring Open Skaaktoernooi deelgeneem en besonder goed gevaar!
Baie geluk aan ons skaakspelers met hul puik prestasies:
Liela Lourens - 3 uit 6 wedstryde gewen en eindig 3de uit 7 deelnemers in die o.7-meisiesafdeling.
Lihan Lourens - 5 uit 6 wedstryde gewen en eindig 2de in die o.9-seunsafdeling.
Janli Marais - 4 uit 6 wedstryde gewen en eindig 4de in die o.11-meisiesafdeling.
Anneke du Preez - 4,5 uit 6 wedstryde gewen en eindig 2de in die o.13-meisiesafdeling.
Ons is ongelooflik trots op julle! Baie dankie dat julle Laerskool Gansbaai so mooi verteenwoordig het. Elke skuif tel!










