Agtergrond van die Gansbaai Boek

Agtergrond van die Gansbaai Boek

Die Gansbaai Gedenkboek

Gansbaai en omgewing is geseënd met ‘n ryke kultuur-historiese geskiedenis. Dit is so kosbaar dat, indien dit vir die nageslag verlore sou gaan, hulle van ‘n erfenis ontneem sou wees. 

Dit het meer as vyf jaar gelede ‘n groepie inwoners genoop om ‘n komitee te stig met die doel om namens die gemeenskap die geskiedenis te boekstaaf. ‘n Bekroonde skrywer, SD Fourie en haar man, Jan, is genader om die boek saam te stel. ‘n Artikel 21 maatskappy is gestig en die skryfwerk is in alle erns aangepak. Nou, na meer as vyf jaar, is die manuskrip voltooi en aan die redigeerder oorhandig vir die finale afronding.

Ek was bevooreg om die manuskrip te kon lees. Dit het soveel emosies gaande gemaak oor die swaarkry en ook die lekkerkry van ons voorouers, hulle wat hulle toekoms hier gesoek het. Die meeste van hulle het vir en van die see geleef. Nadat ek dit gelees het, het ek opnuut onder die indruk gekom dat talle name en vanne van mense wat tans in die omgewing woon, hulle wortels hier het. Die skrywers het op die voetspore geloop van hulle wat hier gewoon het.  Die boek is ‘n juweel in woorde. Sonder dit sou ons almal armer gewees het.

Hierdie boek word eintlik aan julle opgedra met die versoek dat julle dit aan julle kinders en almal wat die omgewing met mekaar deel of gedeel het, nalaat. Dit met die wete dat as ‘n mens nie weet waar jy vandaan kom nie, jy ook nie sal weet waarheen jy gaan nie.

Pieter Scholtz
(Voorsitter : Gedenkboek komitee)

Agtergrond van die Gansbaai Boek

The Gansbaai Book

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense - Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense. Bespreek een van die eerste 250 getekende eksemplare by die Gansbaai Toerisme Bureau: 028 384 1439 of glenda@...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles