Die FDA waarsku dat wanneer mense vir te lank meer as een agste van ’n pak swart drop per dag eet, dit hartarritmie en hoë bloeddruk by mense ouer as 40 kan veroorsaak.’n Bestanddeel in hierdie lekker verlaag kaliumvlakke, wat die hart se ritme ontwrig. Dropvergiftiging kom selde voor, maar die FDA beveel aan dat mense van alle ouderdomme versigtig moet wees om hulle nie te vergryp nie.
Die FDA se waarskuwing is wel baie spesifiek gemik op diegene ouer as 40, wat vir twee weke of langer 50 gram swart drop per dag eet. Mense wat lief is vir swart drop kan dit nog steeds geniet indien hulle matigheid voor oë hou, maar wanneer jy besig is om te kou en jou hart klop onreëlmatig of jy voel swak, moet jy onmiddellik ophou eet en jou gesondheidsorgverskaffer kontak.
Swart drop word gemaak van die wortel van die Glycyrrhiza glabra- plant, wat dit die soet smaak gee. Die wortel bevat glisirrisien. Glisirrisien-suur verhoed dat dit liggaam kalium ordentlik opneem, en wanneer jy dus te veel glisirrisien inneem, kan kaliumvlakke tot laer as normaal daal. Wanneer jou swartdrop-vergryp verby is, keer kaliumvlakke gewoonlik weer terug na normaal.