Blog

Hoe om die risiko van borskanker te halveer

Hoe om die risiko van borskanker te halveer

Gansbaai Pharmacy

’n Nuwe studie beweer dat ’n mens die risiko van borskanker kan halveer en sterftekoerse drasties kan verlaag deur statiene te neem. Navorsers het gevind dat pasiënte wat die medikasie gebruik - gewoonlik om cholesterol te verlaag - se kans 40% kleiner is om te sterf. Daar is ook gevind dat die medikasie die kans om kanker te ontwikkel, amper halveer.

Navorsers sê dit is heelwaarskynlik omdat hulle statiene gebruik - ʼn tipe medikasie wat gebruik word om die hoeveelheid laedigtheidlipoproteïencholesterol (LDL-cholesterol) in die bloed te verlaag. ’n Senior skrywer van die ACALM Leereenheid by Aston Universiteit in Birmingham se Aston mediese skool sê dit is die mees onweerlegbare en direkte bewyse tot op hede om die verband tussen hoë cholesterol en borskanker te bevestig - ’n onderwerp wat navorsers al vir die afgelope paar jaar fassineer. Vroue wat met hoë cholesterol gediagnoseer is, het baie beter oorlewingsyfers, met opvallend laer borskanker- en sterftesyfers. Hierdie is ’n goeie aanduiding dat statiene die beskermende effek by borskanker gee.

Die studie het vroue ouer as 40 met en sonder hoë cholesterol opgevolg en sterftekoerse en borskankerontwikkeling vir die twee groepe vergelyk. Statienpasiënte se kans om te sterf aan borskanker was tot 43% laer.

Daar is verder toenemende bewyse dat hierdie pille verreikende gesondheidsvoordele inhou en kan help om demensie, veelvuldige sklerose en verskeie tipes kanker te beveg.

Die nuutste bevindinge is by die Europese Vereniging vir Kardiologie se konferensie in Barcelona aan vooraanstaande kankerdokters en akademici van regoor die wêreld voorgelê. Hierdie is die tweede studie wat die twee by mekaar uitbring. Kliniese proewe sal volg om vas te stel of vroue nie roetinegewys statiene moet kry nie.

Hoe om die risiko van borskanker te halveer

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles