Blog

Vier stappe vir gesonder naels

Vier stappe vir gesonder naels

Gansbaai Pharmacy

Goeie naelsorg is belangrik, maar dit is moontlik om dit te oordoen. As jy jou naels elke dag knip, kan jy stres oor die hele nael veroorsaak. Met verloop van tyd kan dit die nael se vorm verander en selfs tot toestande soos ingroeitoonnaels lei. Dis doodreg om jou naels met ’n knipper of skêr te knip, maar nie meer as een keer elke week of twee nie. Vingernaels moet die vorm van jou vingerpunte volg - reguit aan die bokant en effens gerond aan die kante. Knip jou toonnaels reguit aan die bokant gelyk met die boonste vlak van die toon. Vyl slegs in een rigting om jou naels sterk te hou.

Hier is ander naelsorgwenke:

  • Hou jou naels skoon en droog wanneer moontlik.
  • Bevogtig jou naels en kutikels met handeroom.
  • Naellak bied ’n mate van beskerming, maar moenie naellakverwyderaar meer as twee keer per maand gebruik nie.
  • Vermy lang blootstelling aan water wanneer jy bad en huisskoon-maak.
  • Beskerm naels teen sterk chemiese stowwe deur rubberhand-skoene met ’n katoenvoering te dra wanneer jy skoonmaak.

Dit is ook belangrik om jou naels gereeld te ondersoek vir waarskuwingstekens van probleme. Tekens om voor op die uitkyk te wees, sluit in:

  • Verkleuring van die hele nael of ’n donker streep onder ’n nael.
  • Enige verandering in vorm.
  • Enige verandering in dikte – dunner of dikker.
  • Skeiding van die nael van die omliggende vel of naelbed.
  • Bloeding, rooiheid, swelling of pyn om die naels..
Vier stappe vir gesonder naels

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles