Blog

Kuseiendom Wenke deur Samuel Seeff

Kuseiendom Wenke deur Samuel Seeff

Seeff Walker Bay / Gansbaai

Kuseiendom is gesogte eiendom en n belegging wat kopers baie keer maak om vir die res van hul lewe te besit - aanvanklik as n vakansiehuis en later n plek om in af te tree.

Volgend Damuel Seef, voorsitter van die Seeff Property Group, is eiendom n uiters waardevolle bate en daarom is dit belangrik om dit goed in stand te hou, sodat die eiendom sy waarde behou. "n Kuseiendom is ook nie goedkoop nie. Buiten daarvoor om die huis in n goeie toestand vir jou eie gebruik te hou, is dit ook belangrik om in stand te hou vir as jy dit ooiy wil verkoop. Kopers sien goed soos waterskade, klamheid en roesplekke vinnig raak en sal jou dan vra om die verkoopprys te verlaag, "se Seeff.

Hiermee n paar van Seeff se instandhoudingswenke:

Roes: Seelug veroorsaak dat goed roes en daarom is dit beter om materiaal soos vlekvrye staal by die see te kies. Ondanks die materiaal en metaal wat jy in jou huis gebruik, is dit ook belangril om dit gereekd te was en af te vee om enige redifu te verwyder wat roesplekke kan veroorsaak. Enigiets wat nie roesbestand is nie, moet geverf word. Gaan dit gereeld na vir plekke waar die verfwerk opknapping of weer n nuwe laag verf nodig het.

Vensters: Engiemand wat by die see woon sal soveel as moontlik glas vir groot vensters en deure wil gebruik om die uitsig ten volle te geniet. Vanwee die seelug moet glasdeure en vensters by n huis in n kusdorp egter gereeld skoongemaak word omdat dit vinnig wasig word.

Hout: Baie mense hou daarvan om houthuise by die see te bou, maar dit is ongelukkig so dat hout meer sensitief vir natuurlike elemente soos water en sout is. Houtdeure, vensterrame en ander afwerkings moet gereeld nagegaan en behandel word om te verhoed dat dit vergaan of verrot.

Waterdigtheid: Daar is meer vog in kusdorpe se lug en dikwels reen dit ook meer as in ander plekke. Jou huis moet dus bestand wees teen waterskade en klamheid, en goeie waterdigting he. Dit is belangrik om so gou as moontlik op te tree as daar lekplekke of klam kolle is omdat waterskade baie duur kan word as dit te lank gelos word.

Muf: n Huis by die see is meer geneig tot muf en die kamers veral kan baie klam word as dit vir lang tye toe staan. Muf kan dan op meubels en ander sagte bybehore voorkom, sowel as op oppervlaktes soos mure en kaste. Maak deurentyd seker jou huis kry genoeg lug, word dit gereeld skoongemaak en al die oppervlaktes word met die nodige skoonmaakmiddels skoongevee om te verseker dat niks muf nie.

Verf: Die buitekant van n seehuis het ook goeie instandhouding nodig omdat vog in die lug, sowel as reen die verf en pleister kan verweer en groot skade kan aanrig. Gebruik n goeie gehalte verf om jou huis mee te verf en gaan die buitekant van die huis jaarliks na vir enige krake, skade of plekke wat spesiale aandag nodig het.

Sonskade: Bere enige buitemeubels weg van direkte sonlig as dit nie gebruik word nie omdat dit vinnig kan verweer as dit buite staan. Materiaal bleik gewoonlik as dit lank aan direkte sonlig blootgestel word. Die hitte rig egter ook erge skade aan meubels aan en enigiets wat buite die huis staan.

Kuseiendom Wenke deur Samuel Seeff

Samuel Seeff

Seeff Walker Bay / Gansbaai, in partnership with Hamptons International, has been active in the property industry for many years. The real estate brands are well-trusted household names synonymous with real estate in South Africa. The estate agents at Seeff Walker Bay / Gansbaai have become known lo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles