Blog

Kenners voorspel ʹ̓n opswaai in die mark

Kenners voorspel ʹ̓n opswaai in die mark

Seeff Walker Bay / Gansbaai & Pearly Beach

Die mark work tans sterk beïnvloed deur faktore soos politieke en ekonomiese onsekerheid, sowel as die hoë werkloosheidsyfer en kommer oor ander aspekte soos grondbeleid.

So 'n onstabiele omgewing maak langtermynbeleggings soos eiendom minder aanloklik an dikwels minder toeganklik vir die algemene publiek. Dit het verstaanbaar 'n negatiewe uitwerking op markaktiwiteite in die land se eiendomsektoe gehad.

Ons is nou op 'n punt waar die marktoestande uiters gunstig vir kopers is - met 'n oorvloed verkopers wat sterk teen mekaar meeding om hul eiendomme verkoop te kry.

Dit is onwaarskynlik dat hierdie marktoestande voor die verkiesing sal verander, maar ek glo ons kan 'n verabdering te wagte wees sodra die stof ná die verkiesing eers weer gaan lê het.

Wat sê kristalbal?

Waarvoor ons werklik hoop, is dat daar die een of ander duidelikheid en sekerheid oor ekonomiese beleid ná die verkiesing sal kom.

In aanloop tot die verkiesing word daar as deel van die politici se veldtogte vreeslik baie gepraat en voorgedoen - niemand weet regtig wat die plan vorentoe gaan wees noe.

Dodra die uitlae van die verkiesing op 8 Mei bekend is, hoop ons dat die fokus sal terugkeer na die beplanning van ons land se toekoms - en dat daardie planne op 'n deidelike en gesaghebbebde wyse oorgedra sal word, sodat enige onsekerheid onder beleggers uit die weg geruim kan word.

Ommekeer stadig

Dit is egter belangrik om te onthou dat hoewel duidelikheid oor ekonomiese beleid beslis markaktiwiteite sal stimuleer en kopersvertroue 'n hupstoot sal gee, sal die pad na die algehele herstel van die mark nietemin lank wees.

Stygende inflasiekoerse, petrolpryse, munisipale heffings en tariewe, sowel as belasting neem alles 'n groot hap uit kopers en verbruikers se besteebare inkomste. Dit beteken dat verbruikers se begrotings maar knap gaan wees en dat hulle almal uiters konserwatief oor nuwe skuld moet wees.

Ons gaan beslis nie oornag 'n toestroming van gekwalifiseerde kopers in die huismark sien nie, maar ons glo dat markaktiwiteite en vraag stadig maar seker sal verbeter.

Pad vorentoe

Die bied egter nie veel onmiddellike verligting vir verkopers nie, maar ek voorsien dat prysgroei mettertyd na steker vlakke sal terugkeer.

In die tussentyd stel ek voor dat kopers munt slaan uit die huidige marktoestande - voordat nie rentekoerse en eiendomspryse weer begin styg.

Die volgende ses tot 12 maande kar 'n baie gunstige tydperk vir kopers wees om 'n staanplek in die eiendomsmark te kry.

Die stabiliserng van eiendomspryse beteken dat daar tans heelparty ei endomme is wat goed geprys is. Banke bied ook nou taamlik mededingen de verbandkoerse.

Ek stel egter beslis nie voor dat kopers oorbestee in hierdie gunstige - omstandighede nie.

Gebruk egter hierdie tyd om 'n eiendom teen so 'n lae as moontlike prys te koop, en betaal soveel as moontlik skuld af sodat jy 'n sterker posise is vir die toekoms - wat die ook al mag inhou.

Source: Eiendomme, Saturday 4 May 2019.

Kenners voorspel ʹ̓n opswaai in die mark

Seeff Gansbaai

Seeff Walker Bay / Gansbaai & Pearly Beach, in partnership with Hamptons International, has been active in the property industry for many years. Both real estate brands are well-trusted household names synonymous with real estate in South Africa. The property specialists at Seeff Walker Bay are well...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles