Orrelvirtuoos Winand Grundling
Die bekende en begaafte orrelvirtuoos het Gansbaai gedurende Paasnaweek besoek.
Alletta Lochner deel haar ervaring van die uitvoering:
Wat ‘n wonderlike belewenis om die Paasnaweek saam met die orrelvirtuoos, Winand Grundling af te sluit.(Sondag 21 April 2019) Winand het ‘n uitvoering in die Kerk op die orrel aangebied. Dit is net so so jammer dat meer mense nie daardeur verryk kon word nie.
Die bekende Wedding March van Mendolsohn word nooit voltooi nie. Volgens Winand is dit omdat alle bruide te vining stap. Iemand het verneem of dit werklik deel van die troumars is. Ja, helaas dit is. Dit is so mooi gespeel met suiwer akoorde en tegniek.
Toe moes ons hoor dat die doedelsak ook op ons klein orreltjie nageboots kan word. Met ‘n orrel is dit moeilik om die maatslag van ‘n musiekstuk vas te stel. Winand doen dit volmaak – sonder om dit te oordoen.
Pragtig Winand! Moenie te lank wag voordat jy ons weer besoek nie! Doen so voort!